Silwer of pers sjampoe elke tweede was is ’n moet.
Schwarzkopf Color Freeze Silver Shampoo. Klik hier
Gebruik tussendeur ’n proteïen-sjampoe om jou hare te voed en te herstel wat al die gebleik verwyder het.
Moroccanoil Moisture Repair Shampoo. Klik hier
Gebruik ’n opknapper van dieselfde reeks as die sjampoe; sommige help ook om van die geel onstlae te raak.
Schwarzkopf BLONDE ME Color Correction Spray. Klik hier
of ’n opknapper wat vog gee en jou hare herstel – Paul Mitchell Forever Blonde Conditioner. Klik hier
Dit is gewoonlik beter om sjampoe en opknapper van dieselfde reeks te gebruik, want dit is gemaak om mekaar te komplimenteer.
Voordat jy begin om proteïen-produkte te gebruik (wat die hare herstel), is dit belangrik om eers bevogtigende produkte te gebruik. Gebruik ’n bevogtigende masker elke drie tot vier weke en begin dit dan afwissel met ’n proteïen-masker.
Moroccanoil Intense Hydrating Mask. Klik hier
Wella System Professional Repair Mask. Klik hier
Wenke
– Probeer om nie elke dag jou hare te was nie; dit kan veroorsaak dat die suur-mantellagie vernietig word wat veroorsaak dat jou hare vinniger olierig word.
– Vir minder opsigtelike uitgroei oorweeg dit om meer “lowlights” in te sit wat nader aan jou natuurlike kleur is; dit sal keer dat jy ’n soliede uitgroeilyn het.
– Dra jou paadjie “deurmekaar” en stileer jou styl ook meer “deurmekaar” om die uitgroei minder opsigtelik te maak.