Mojito-Pavlova deur Vickie de Beer, bygestaan deur Gilionelle Kaba. Foto: Lee Schwagele
Goenoeg vir 6-8.
Bestanddele
Pavlova
- 8 eierwitte
- 500 g strooisuiker
- 10 ml mielieblom
Lemmetjiesmeer (curd)
Genoeg vir 500 ml
- 115 g botter
- 125 ml (½ k) suiker
- 125 ml (½ k) vars lemmetjiesap
- gerasperde skil van 2 lemmetjies
- 60 ml (1⁄4 k) witrum
- 6 eiergele
- 250 ml room, geklop
- Ekstra lemmetjies, gesny en vars kruisement vir opdiening
Metode
- Voorverhit die oond tot 150 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit
- Gooi die eierwitte en suiker in ’n groot mengbak wat knus pas op ’n kastrol vol water. Verhit die mengsel, maar moenie laat kook nie.
- Gooi die warm mengsel in die bak van ’n staanmenger met die balklitser aangeheg en klop vir 15 min. tot sagte punte vorm. Meng die mielieblom in en skep die mengsel op
die bakplaat. - Vorm dit met ’n paletmes in ’n mooi hoë ronde vorm en bak vir 1½ uur.
- Skakel die oond af en laat die pavlova in die oond afkoel en uitdroog.
- Maak intussen die lemmetjiesmeer: Smelt die botter in ’n middelslagkastrol, haal van die hitte af en voeg die suiker, lemmetjiesap, -skil, rum en eiergele by. Roer goed deur.
- Sit terug op die stoof en laat vir sowat 7-10 min. saggies kook oor lae hitte. Roer die mengsel deurentyd. Wees versigtig, want die die eiers kan skif. Dit sal effens begin verdik, haal van die hitte af. Gooi in ’n bakkie en sit in die yskas waar dit nog verder sal verdik.
- Klop die vars room in ’n groot mengbak tot sagte punte vorm en vou die helfte van die lemmetjiesmeer by die room in.
- Sit die pavlova op ’n mooi opdienbord en skep die room-en-lemmetjie-smeer bo-op. Skep nog ’n bietjie van die lemmetjiesmeer bo-oor (bêre die res vir later) en tooi die pavlova met vars gesnyde lemmetjies en baie kruisement.