kategorieë: Gesondheid

Moet jy detoks of vas?

Detoks was vir dekades gesondheidsjeik. As jy in die alternatiewe lyn was, het jy ’n gereelde detoks aanbeveel en gedoen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die jongste siening hieroor het ons verras …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat ’n detoks doen

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Detoks is ’n baie ou terapie, en ’n staatmakerkomponent van Ayurvediese en tradisionele Chinese geneeskunde, met ’n magdom moderne voorstaanders soos die Britse voedingkenner Patrick Holford.

Die konsep agter detoks is dat gifstowwe uit die omgewing en uit ons kos in ons liggame opbou en siekte en veroudering veroorsaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Detoks verwyder hierdie gifstowwe, en keer en/of genees kanker, allergie, asma, fibromialgie, chroniese moegheid, depressie, diabetes, hoofpyne, hardlywigheid, swak spysvertering, breindofheid en inflammatoriese siektes soos artritis en chroniese infeksies.

Jy detoks deur vir ’n paar dae – meestal ’n week of selfs twee – deur kos uit te sny wat besoedel kan wees en/of ‘swaar’ is en moeilik verteer.

Maar detoks het met die jare verander.

Ajurvediese detoks

Vir die ou Ajurvediese detoks het jy net water gedrink vir ’n dag, of selfs ’n paar dae.

Sommige kenners het suurlemoensap begin insluit. Maar eintlik was dit net jy en ’n bietjie water vir ’n paar dae.

Moderne detoks

Daarna het die detoks ontwikkel in ’n kwaai dieet met bitter min van alles – min kilojoules, min vet, min vleis en min stysel.

Elke kenner het sy of haar eie variasie aangebied, maar in beginsel eet jy ligte kos, soos gestoomde vis en hoender, en nie-stysel groentes soos alle soorte slaaiblare, spinasie, komkommer, en dalk sampioene en murgpampoentjies.

In die tipiese soort detoks moes jy veral die volgende uitsny:

Suiker – soetgoed, lekkergoed, koek, koekies, koeldranke, vrugtesap, gaskoeldranke, melkskommels
• Alles van meel – brood (selfs volkoring en gesondheidsbrode) , broodrolletjies, pizza, pasta, beskuit, koek, koekies, donuts, pannekoek, vis en hoender gebak in meel (skoon gestoomde vis en opgekookte of geroosterde hoender is reg)
Drinkgoed soos koffie, bier, wyn sjampanje, koelers, sterk drank
Kitskos – burgers, hoenderstukkies, ook al die gekoopte etes by supermarkte en kitskosplekke
• Alles wat vetterig is – botter, margarien, olie (behalwe olyfolie)
Swaar groentes – aartappels, patats, mielies, rys, ertjies, patats, botterskorsies, pampoen
Rooivleis – geen skaap, vark, volstruis, bees, wors, polonie, ham, kouevleise of spek nie
• Alles met sintetiese kleur– en geurmiddels – wat meestal beteken dat jy ook alles in pakkies en sakkies uitlaat
Souse en slaaisouse, buiten appelasyn en olyfolie.

Maar toe sê die wetenskap-gebaseerde kenners soos dieetkundiges dat jou lewer jou liggaam élke dag van al daardie ‘gifstowwe’ detoks. Hulle beskou in elk geval nie brood, meel, groente en rooivleis as gifstowwe nie.

Daardie berugte detoks-hoofpyn wat veronderstel is om ’n teken te wees dat die gifstowwe uitgeskei word, is niks anders as ’n teken van lae bloedsuiker nie.

En dit is waar: jou lewer is jou eie ingeboude en baie doeltreffende detoks-orgaan wat met groot gemak ontslae raak van werklike gifstowwe.

Dus sien die ingeligtes detoks nou as ’n randterapie in dieselfde kategorie as fratsdiëte – ’n hoogs verdagte, onbewese en onlogiese terapie wat jy net doen as jy laf en/of nie van beter weet nie.

Eintlik befoeter jy net jou bloedsuiker en metabolisme, veral as jy weke aaneen detoks. Ten beste sny jy gemorskos vir ’n paar dae uit.

Die vasdieet (intermittent fasting)

Navorsing oor langlewendheid het ontplof. Van muise tot wurms leef langer as hulle minder eet.  En nou lyk dit sowaar asof daar iets steek in vas, veral ’n gereelde vas van 24-48 uur een tot twee keer per week waar jy net water met of sonder suurlemoensap drink … soos die antieke vaspraktyk.

Een van die leiernavorsers op die gebied, dr. Valter Longo van die Davis School of Gerontology (studie van veroudering) aan die Universiteit van Suid-Kalifornië, verduidelik dat jy binne 12-24 uur vandat jy begin vas al jou glukosereserwes op gebruik.

Dit dwing jou liggaam om die ketogeniese metaboliese roete te gebruik – daardie een van die Bantingdieet.

Hoe om te vas

Daar is twee gewilde vasbenaderings. Jy vas vir 24-48 uur, een tot twee keer per week. Of jy vas elke tweede dag – oftewel intermittent fasting.

Albei tipes vas verlaag onder andere jou IGF-1-vlak, met allerlei voordele. Van die vernaamstes is:

• Dit verlaag jou leptienvlakke, wat inflammasie en oksidatiewe skade aan jou DNA en ander liggaamsweefsel verminder.
• Al die trigliseriede (vette) in jou bloed word ’n slag opgebruik, wat jou kans op hartsiektes en beroerte verminder.
• Die klein bietjie ‘swaar kry’ prikkel jou liggaam om homself te beskerm, wat in effek beteken dat jou immuunstelsel regkry vir oorlewing. Hy gerenereer en verfris homsel en werk beter daarna, wat die kans op kankers verminder.
• Selfs jou breinfunksie word opgeskerp.

Voordele van vas

Baie van die navorsing is nog net op muise gedoen. Maar werk dit vir óns? Skynbaar.

Die bietjie navorsing wat op mense – meestal net op menslike selle – gedoen is, bevestig die muisnavorsing. Ons lewensduur strek egter oor sestig na honderd jaar, wat navorsing prakties onmoontlik maak.

Dit lyk asof sogenaamde intermittent fasting (jy vas elke tweede dag, of jy vas twee afsonderlike dae per week, waartydens jy net water of water met bietjie suurlemoensap drink) die beste resultate oplewer.

Navorsing toon egter dat mense wat vas om gewig te verloor en/of hongerly, hulself net benadeel. Jy moet steeds wanneer jy eet, sorg dat jy al jou voedingstowwe inkry en genoeg eet.

Vas is ook nie vir mense wat nog groei nie. Jy is eers op ouderdom 28 werklik klaar gegroei. Dit is ook nie vir bejaardes, swanger vroue en diabete nie.

Lees ’n lekker oorsig hier: www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC3946160/

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

25 mins Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

38 mins Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

3 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

3 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

21 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.