Voorverhit die oond tot 180 °C. Sny 3 eiervrugte in 1 cm-skywe.
Sprinkel Westfalia avokado-olie, suurlemoengeur, sout en gemaalde swartpeper oor. Bak vir sowat 8 min. Keer die eiervrug om en bak vir nog 8 min of tot goudbruin en sag.
Vul 6 oondvaste bakkies met lagies van die maalvleis en eiervrug. Eindig met ’n lagie eiervrug.
Meng 250 ml (1 k) Griekse jogurt, 1 eier en 100 g gekrummelde feta.
Gooi die bolaag oor die eiervrug en bak vir 30 min. tot die bolaag geset en goudbruin is.