kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Moenie hierdie karfoute tydens die inperking maak nie

Moenie hierdie karfoute maak tydens die inperking nie deur Anet Schoeman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Terwyl jy ingeperk was, het jou motor dalk ook stilgestaan. Hier is ses wenke wat jy in gedagte moet hou voor jy weer die pad vat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Maak seker jou motor is skoon en vars

Maak jou vensters oop om vars lug in te kry – en as jy vergeet het om daai pakkie met die orige paar wegneemtjips uit te gooi is dit nou die tyd.

Kyk ook onder jou enjinkap om seker te maak dat geen diertjies of insekte daar nes gemaak het nie. Rotte is bekend daarvoor … Kyk ook na die onderstel van die voertuig.

Lees ook: Die een ding waarvan jy seker moet maak voordat jy weer ’n kar koop

Moenie hierdie karfoute maak tydens die inperking nie

2. Inspekteer hierdie

Laat gereeld die enjin- en kajuitfilters inspekteer. Dit maak jou lugreëling meer effektief en verhoed ook onaangename reuke out jou lugreëlingstelsel.

Lees ook: Wat jy moet weet oor seinblokkers (of jamming)

3. Kyk uit na hierdie tekens van ’n pap battery

Jy wil voorwaar nie regstaan om jou nuutgevonde vryheid aan te gryp, maar dan vind jou voertuig se battery is pap nie.

Maak voor die tyd seker sodat jy nie onkant gevang word nie. Die volgende is aanduidings van ‘n battery wat pap word:

  • Kopligte wat dowwer skyn as jou voertuig luier, maar helder word sodra die enjin se toere opjaag.
  • As die aansitter sukkel om die motor aan die gang te kry.
  • Verander die klank van die voertuig se luier as jy die radio of lugversorging (dus ‘n elektriese komponent wat krag van die battery trek) aanskakel?

Vir veiligheid is dit beter om nie self aan jou battery te karring nie. Wag eerder tot na die inperking sodat jy kenners kan raadpleeg.

Lees ook: Wees ’n geduldiger bestuurder

4. En hoe lyk die olie?

‘n Enjin sonder olie gaan nie ver kom nie. Maak só om jou olievlak te kyk:

  • Parkeer jou voertuig op ‘n gelyk oppervalak en wag tot die enjin afgekoel het as jy gery het.
  • Soek die olie-peilstok (oil dipstick) wat aan die bokant van jou olietenk sal wees. Dit het gewoonlik ‘n geel ring.
  • Trek die peilstokkie die hele pad uit en vee olie af. Druk dit weer heeltemal in die olietenk en trek nou weer uit. Dis gemerk van “L” na “F”. Dus “low” en “full”. Dit moet net onder of op “F” wees. Wees versigtig dat jy nie te veel olie ingooi nie.

Lees ook: 17 dinge wat jy moet weet as jy ’n kar koop

Moenie hierdie karfoute maak tydens die inperking nie

5. Banddruk en onderhoud

Jou bande verloor druk al ry jy nie rond nie. Stop by jou naaste vulstasie en gaan die bande na. Daar is gewoonlik ‘n plakker aan die binnekant van jou deur (die gedeelte wat jy nie kan sien as die deur toe is nie) wat die optimale banddruk vir jou voertuig aandui.

Lees ook: Wat om te doen as jy in ’n motorongeluk beland

6. Het jy brandstof?

Dis klink basies, maar as jy gewoond is om sekere tye van die maand vol te maak omdat jy gewoonlik gemiddelde dieselfde afstande per maand ry, mag jy nou uit jou roetine wees.

Van die inligting verskaf deur Midas.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Wat soek ‘Kokkedoor: Son & See’ se beoordelaars? Sjef Yolani Abrahams vertel

Die passievolle kos-entoesias Yolani Abrahams (32) is saam met Herman Lensing een van die beoordelaars…

1 hour Gelede

Dié ekspo in Pretoria bied iets aan vir die hele familie – Dis Outdoor X tyd

Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…

2 hours Gelede

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

1 day Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

1 day Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 days Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.