Hier is ’n paar voorstelle om kilojoulevrye variasies in te bring wat jou dieetskommel weer nuwe lewe sal gee!
1 Voeg ’n teelepel egte vanielje-ekstrak by
2 Voeg ¼ teelepel koekgeurmiddels by, soos ment by ’n sjokoladeskommel
3 Kap ’n vars mentblaar fyn en roer in
4 Meng een lepel koffiepoeier met een teelepel kookwater en roer dit in
5 Sny een van jou toegelate vrugte by – lemoen of appel by vanieljegeure en aarbeie by sjokolade
En ietsie spesiaals … een lepel brandewyn of sjokoladelikeur – net een keer per week!