Morrells Boutique Estate is een van die mooiste boetiekhotelle wat ek al besoek het. Die gevoel van Franse sjarme wat jou oorweldig wanneer jy die groot houtdeure betree, is onbeskryflik. As jy al die landelike gedeeltes van Frankryk besoek het, kan jy jou die prentjie voorstel. Fantastiese dekor en meubels, kleurryke blomme en ’n gevoel van ouwêreldse sjarme is oral te sien.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dit is dan ook die ideale plek waarheen jy jou ma kan neem vir ’n onvergeetlike Moedersdag-ervaring. Hulle bied ’n sjampanje-ontbyt wat jy en jou ma nie sommer gou sal vergeet nie. Ek het die voorreg gehad om my ma te neem en ek kan met oorgawe sê dit was een van die lekkerste en mees spesiale oggende wat ons al ervaar het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Ons het ’n heerlike voorgereg van parma-ham en klein plaatkoekies gehad, ’n dekadente Eggs Benedict-hoofgereg met die mees fantastiese Hollandaise-sous en om alles mee af te sluit het die sjef ons bederf met Franse sjampanje, aarbeie met sjokoladesous en klein sjokolade-truffels.
Die sjampanje is saam met ’n blokkie ys bedien wat die geur en borrels nóg meer laat uitkom. Dit is ’n spesiale soort sjampanje wat só bedien moet word om die algehele effek te kry. Heerlik!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Morrells is ook bekend as ’n pragtige trou-venue en daar word gereeld spesiale funksies gehou. Besoek die webblad (sien skakel onder) vir meer inligting.
Verras jou ma en neem haar na Morrells Boutique Hotel op Moedersdag. Onthou om jou plek te bespreek. Besoek die webblad vir meer inligting.
Volg hulle ook op Sosiale Media:
• Facebook
• Twitter
rooi rose het ook die Desember 2014-voorblad by Morrels geskiet. Kyk net hoe mooi het aktrise Rolanda Marais by die omgewing gepas (foto’s geneem deur Leana-Clunies Ross):
Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…
Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…