Die kosfoendi-mamma hou haar vinger op die pols vir die beste keuses vir haar gesin. Kos word koningskos en die spyskaart word selde herhaal. Haar boekrak is propvol resepteboeke, buiten haar eie geheime joernaal van self saamgestelde disse.
Sy verkies kosprogramme bo sepies. Omdat die kombuis die hart van die huis is, het sy altyd haar gesin naby haar. ’n Kosfoendi-mamma maak ’n okkasie van elke kosgeleentheid. Haar sintuie vir reuk en smaak is deel van wie sy is.
Sy ken haar vleissnitte en ook haar wyn. Vars kruie kom uit die tuin en tweede beste is nooit goed genoeg nie.
Bederf haar met hierdie produkte!
Verskaffers
Yuppiechef www.yuppiechef.com
Boardmans www.boardmans.co.za
@home www.home.co.za
Le Creuset www.lecreuset.co.za
Woolworths www.woolworths.co.za
mrp Home www.mrphome.co.za