Buitelug mammas hou van nuwe ervarings en uitdagings en sy is nie bang om haar grense te verskuif nie. Om op verskillende plekke uit te kamp of om ’n nuwe staproete te verken, is eie aan hierdie natuurmens.
Sy hou van familietyd, en des te meer as dit in die natuur kan wees. Sy verkies hierdie tydverdryf bo winkelsentrums en koffiewinkels. ’n Koppie koffie langs ’n kabbelende rivierstroompie smaak vir haar net soveel lekkerder.
Die ideale geskenkie vir hierdie vrou sal jy nie in ’n eksklusiewe juwelierswinkel vind nie, maar eerder in ’n buitelugwinkel. Haar behoeftes is basies, prakties en sonder tierlantyntjies.
Verskaffers
www.home.co.za
www.capeunionmart.co.za
www.mrphome.co.za
www.woolworths.co.za
www.outdoorwarehouse.co.za