kategorieë: WenkeMode

Moedersdag vir die amper-mamma’s

Deur Bea Lingenfelder. Hooffoto: Verskaf deur Jenna McArthur. Fotograaf: Niquita Bento. Stilering: Ontwerpersrok – Klûk CGDT, Onderklere – H&M, (Instagram-foto) Oorgroottrui – Zara

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Drie moet-hê-items vir jou swangerskap-klerekas

Ek probeer sommige swangerskapklere te vermy, omdat dit nie altyd nodig is om ’n hele nuwe klerekas aan te koop as jy swanger is nie. Jy kan steeds moderne klere dra wat net die oorgrootte snit het. My moet-hê is ’n skouerpak (dungaree): My skoonma het vir my ’n Diane von Furstenburg-pakkie as geskenk gegee, maar ek is ook gaande oor my denim een van H&M. Dis gemaklik en veelsydig soos jy deur die reis van swangerskap gaan. Die items waarin ek wel moes belê, was broeke. Ek het besluit op broekkouse (leggings) en oefenbroeke, omdat hulle middel baie rekbaar is, maar steeds styf en stewig om my sit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Op ’n paar Instagram-foto’s staan jy sowaar nog in hakskoene! Hoe kry jy dit reg?

Ek was/is gelukkig genoeg dat my voete tot dusver nie geswel het tydens swangerskap nie.’n Midi-hak is vir my gemaklik, maar daar is tog dae wat ek smag na my betroubare Converse- of Veja-tekkies. My raad is om aan te trek soos jy gemaklik voel – onthou altyd dat jy tydens swangerskap nog ’n lyfie ronddra en dan is gemak en sirkulasie die belangrikste vir jul albei.

3. Wat was die eerste produk wat jy gekoop het vir swangerskap?

’n Draadlose bra en Mamma Mio-produkte was heel bo-aan my lysie. Sommige vroue is gelukkig genoeg om nie rekmerke te kry nie, maar ek is nie so gelukkig nie en dit is ook normaal. Mamma Mio-rome is vol Vitamien E en is ook ’n goeie anti-oksidant wat jou vel laat genees en ekstra selle vervaardig.

Elke vrou ervaar swangerskap anders en hoewel ek dankbaar is dat God vir ons met ’n kind seën, sal ek erken dat ek nie altyd die ervaring geniet nie, so dit was vir my belangrik om my gemoed hoog te hou deur die gemaklikste, mooiste versorging vir my liggaam te gee.

4. Wat is jou opinie oor swangerskapklere?

Elke vrou ervaar swangerskap op haar eie manier. Ek dink swangerskapklere is fantasties as jy opsoek is na stapelitems soos denims en broeke, maar meng en pas hierdie items met klere wat reeds in jou kas is en ’n effense oorgrootte snit het, byvoorbeeld bonkige truie.

Koop swangerskapklere soos wat jy dit benodig en nie vooraf nie en oorweeg klassieke style. Ek het ’n paar pragtige rokke gekoop wat nie noodwendig swangerskaprokke is nie, maar eeder net ’n paar nommers groter.

5. As jy een modewenk vir al die amper-mamma’s daar buite het?

Omhels die onvoorspelbare buie van jou hormone en verwerk dit bietjie vir bietjie. Moenie bang wees om met jou styl en voorkoms te eksperimenteer nie. Jou liggaam gáán verander en so gaan jou uitrustings ook. Dit het my ’n rukkie geneem en sommige dae voel ’n mens net “bleh”.

Bevestig ’n aktiwiteit wat jy in ’n roetine kan doen vir ’n blaaskans: Ek het besluit om met my normale grimeringsroetine aan te hou en dit is verbasend hoe baie so iets vir jou selfvertroue en gemoed help.

’n Paar oulike geskenke vir amper-mamma’s:

Lees ook: Moet-hê items vir die nuwe ma

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder
Tags: fashion tips

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

1 day Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

1 day Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.