Moedersdag is om die draai en ons kan nie wag om al die ma’s op 8 Mei te bederf nie. Het jy al iets vir jou ma of die mafiguur in jou lewe gekoop? Gebruik hierdie gids om iets te kry waarvan sy vir seker sal jou – daar is iets vir elke tipe ma!
Die stylvolle ma
Elke ma het ‘n nuwe bederf in haar klerekas nodig – veral met die seisoensverandering. Hierdie mode-artikels sal haar dag en haar klerekas ’n aangename hupstoot gee.
Handsak
Stewels
Bloes
Die skoonheidsbewuste ma
’n Mens voel jou beste as jou vel goed versorg is. Help jou ma om hierdie Moedersdag goed te voel met hierdie moet-hê-skoonheidsprodukte en -behandelings.
Lancôme Advanced Génifique Concentrate 50 ml
Avène XeraCalm A.D Lipid-Replenishing Balm
’n Pamperlangsessie by O-Seasons Spa & Events
Jy en jou ma sal beslis gedurende hierdie sessie (2 ure) teen R499 vir twee mense ontspan
Dit sluit in:
’n Sweedse massering of aromaterapeutiese massering (60 minute)
’n express-gesigsbehandeling (30 minute)
’n voetmassering (20 minute)
’n kopmassering (10 minute)
Bespreek jou sessie HIER.
Sien nog pamperlangsessies van Daddy’s Deals HIER.
Die huislike ma
Ma’s skep altyd ’n huislike atmosfeer in enige tuiste. Jou ma sal hierdie mooi artikels vir haar woonvertrek waardeer.
Kers
Gebreide Amahle-kombers
Talala-mandjies
Vir die ma wat ’n hand met ’n plant het
As jy jou ma gedurig buite in die tuin kry. is hierdie bruikbare tuinartikels die perfekte geskenke vir haar.
Blombakke vir die vensterbank
Hangplanthouer
Die ma wat van ’n lekker uitstappie hou
Maak ’n dag daarvan en neem jou ma oor die naweek na hierdie restaurante uit.
Middagtee by Hout Bay Manor op Saterdag 7 Mei en Sondag 8 Mei
Geniet ’n middagtee met ’n spesiale spyskaart by Hout Bay Manor, en word bederf met heerlike salmtoebroodjies, souttertjies, kolwyntjies, hoenderpasteitjies, en nog meer lekker eetgoed teen R245 per persoon.
Stuur ’n boodskap op WhatsApp na 071 536 3532 om ’n bespreking te maak.
Tweegangmaaltyd vir twee by die Clipper Restaurant, V&A Waterfront
Bederf jou ma met ’n tweegangmaaltyd by die Clipper Restaurant vir slegs R399 vir twee mense.
Die aanbod sluit twee voorgeregte en twee hoofgeregte OF twee hoofgeregte en twee nageregte in.