kategorieë: WenkeMode

10 modewenke vir ‘n sweetvrye lente en somer

10 modewenke vir ’n sweetvrye lente en somer deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Noelle Otto vir Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Linne is jou beste vriend

Linne laat sweet vinnig verdamp en absorbeer dit nie. Boonop lyk dit sommer asof jy somervakansie hou, al sit jy voor jou lessenaar by die werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2 Vermy sintetiese materiale

As daar op die etiket “viscose” of “rayon” staan, kan daar netsowel “sweet” ook staan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sintetiese materiale absorbeer sweet wat ’n onaangename liggaamsreuk of ’n klammigheid kan veroorsaak. Ongelukkig bevat die meeste van ons klere hierdie stowwe, so maak seker dat jou klere die minimum persentasie van hierdie stowwe bevat.

3 Pak jou styfpassende klere weg

Hoe meer jou vel kan asemhaal, hoe beter.

Stywe klere laat jou nie net klam en taai voel nie, dit veroorsaak nog méér sweet. Ons is gaande oor die culotte-broeke en uitklokrompe wat deesdae hoogmode is – vloeiend, vleiend en koel!

4 Verruil jou denim vir chambray-materiaal

Jeans is ’n staatmaker in elke vrou se klerekas, maar dit kan ondraaglik wees om op ’n warm dag stywe jeans te trotseer.

Chambray lyk soos denim, maar is ’n ligter stof wat beter “asemhaal”.

5 Raak die athleisure-styl baas

Oefenklere is spesiaal gemaak om sweet vinniger te laat verdamp – net nog ’n rede om van hierdie styl te hou.

Maar nie almal is gemaklik om heeldag in rekbroeke en bandjietoppies rond te loop nie. Stileer slim met ’n oefenhempie, maksiromp en gemaklike skoene.

6 Dra oop skoene

Jou voete bevat baie en sensitiewe sweetkliere, en hoe meer lug daar kan sirkuleer, hoe beter en koeler vir jou hele liggaam. Probeer om balletstylskoene, tekkies en ander style met toe tone eerder vir ’n elegante sandaal te verruil.

7 Bly koelkop

Hoewel hoede ’n geliefde en noodsaaklike bykomstigheid is, kan dit jou laat warm kry. Kies ’n hoed van ligte weefmateriaal, of selfs een wat bo oopgesny is.

Dun haarbande kan jou hare uit jou gesig hou. Probeer ook ’n bokstert met ’n kleurryke haarrekkie, of ’n “ongeërgde” bolla.

8 Maksirokke is staatmakers

Kry ’n maksirok vir jou lente- en somerklerekas. Maksirokke is die afgelope tyd weer baie gewild. Dit is gepas vir ’n stylvolle geleentheid, maar kan maklik ’n informele voorkoms ook skep.

9 ’n Klein verandering doen wondere …

Voel jy ook soms of jy ’n glipsie gehad het nadat jy lank gesit het? Jou onderklere speel ’n groot rol wanneer dit by sweet kom. Ons almal kan hiervan getuig.

Jou broekie is daar om die sweet op te vang en vinnig te laat verdamp (nie absorbeer nie) – daarom is materiale soos katoen en viskose nie jou eerste keuse nie.

Wees op die uitkyk na ’n ligte materiaal soos netsy, of ’n sagte kant wat maklik lug kan deurlaat.

10 Min juwele

Vermy swaar en bonkige nekstukke wat heeltyd teen jou vel skuur. Dra eerder ’n paar unieke oorringe en los jou nek en hals oop.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

3 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

3 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

3 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

3 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.