“Anders as ’n modevertoning, kan die natuur nie gechoreografeer word nie.” Die voorsitter van AFI (African Fashion Internasional), Dr. Precious Moloi-Motsepe, het met hierdie sin begin tydens die mediaverklaring by vanjaar se Mercedes Bens Modeweek wat uitgestel is. Die modeweek sou tussen 23 en 25 Maart op Kampsbaai se sportterrein plaasvind, maar is onderbreek deur wind van ongeveer 61 km per uur. Vrydag het goed verloop tot die tweede laaste vertoning wat gestop moes word as gevolg van veiligheidsrisiko’s. Teen Saterdagoggend is almal in kennis gestel dat modeweek uitgestel is na 6-8 April. Hoewel die weer die seile vir die modeweek gedraai het, was ons gelukkig genoeg om wel ’n vinnige blik van ’n paar ontwerpers te sien.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Die fokus van een van die gunstelingontwerpers se reeks, is om te inspireer en op te hef. Hierdie jaar gebruik hy die platform om samewerking te vier met ontwerpe ryk aan detail. Dit alles beeld die tema van liefde uit. Geïnspireer deur simbole met betrekking tot liefde, omvou sy reeks ’n gevoel van vriendelikheid en omgee. Ons raak van vooraf verlief op sy sterre-invloed wat die konsep van fantasie ontlok in ’n wêreld van ontnugtering.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Met hierdie reeks het Droomer effens afgewyk van sy tradisionele ontwerpe en ’n meer kommersiële aanslag aangeneem – werksdrag en uniforms. Een van Droomer se mode-motto’s is dat verbeelding baie belangrik is. Dit was duidelik dat hierdie reeks die gehoor tot nadenke gelaat het en sy dromerige eenkleur-uitrustings het plek gelaat vir eie kreatiwiteit.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die onwerper van Habits, Jenny le Roux, beskryf haar reeks as gekompliseerd, omdat daar nie ’n spesifieke deurlopende tema is nie, maar eerder verskeie kontrasterende style – nes die lewe. Van weermag tot kleurryke fluweeluitrustings (’n eerste vir Habits) het oor die loopplank gesweef.
Die inspirasie agter dié jong ontwerper se ontwerpe is taamlik interessant. Tydens ’n besoek aan sentrale Kaapstad om ’n spoedkaartjie te betaal, het die historiese argitektuur van die geboue haar gefassineer, wat haar gedagtes laat speel het met die uitrustings van vroue van ’n honderd jaar gelede. Daarvandaan haar kombinasie met Nederlands, Frans en Inheemse invloede tesame met geometriese silhoeëtlyne.
Hoewel die weer ons hierdie jaar teleurgestel het, stel hierdie ma-en-dogter-duo nooit teleur nie. Die vertoning is halfpad gestop as gevolg van die sterk winde wat veiligheidskwessies veroorsaak het en almal moes die perseel verlaat. Voor die onderbreking kon ons egter ’n vinnige kykie kry na ’n paar van hul besonderse ontwerpe. Shana het die sterrestelsel na die loopplank gebring met ontwerpe van verskeie skakerings van wit, silwer en metale. Stefania se reeks het ’n sterk Frida Khalo-invloed getoon met tropiese kleure soos koraalrooi en groen, maar behou steeds ’n vloeiende silhoeët met sagte sy- en sjiffonmateriale.
Haar reeks het ons na ’n wêreld van blomme en natuur geneem – verfrissend, jonk en lewendig. Die modelle het ’n sensuele atmosfeer rondom hulle vertoon met sagte materiale wat om hulle gesweef het. Buitengewone kopstukke is saam met sommige ontwerpe gedra. Hoewel dit eerder na somer klink, het Joanne die kleurskakerings perfek saamgepas vir ’n besonderse winterreeks.
So uniek soos die ontwerper self, het die weer nie David gestuit om sy vertoning te laat voortgaan nie en die gehoor kon sy ontwerpe in die Cape Town Club bewonder. In glansryke materiale het David alledaagse drag ’n dramatiese en dekadente aanslag gegee. Grys, silwer en pers het sy kleurpalet voltooi wat ’n statige en sensuele atmosfeer geskep het.
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.