Die meeste grimeer-“junkies” wat oorsese trends, blogs en artikels lees, sou al die naam Pat McGrath raakgelees het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }• McGrath is Brits.
• Haar liefde vir mode en grimering het begin terwyl sy en en haar ma klassieke ou flieks op televisie gekyk het.
• Sy het opleiding in kuns, maar nie as ’n grimeerkunstenaar nie.
• Gedurende haar tienerjare het sy dit geniet om op te tof en grimering te dra toe ’n bekende TV-aanbieder haar gestop en gevra het wie het haar grimering gedoen. En haar toe gevra om haar grimering ook te doen.
• Sy is die kreatiewe direkteur vir Proctor & Gamble se Covergirl asook Max Factor.
• Sy reis die wêreld rond vir fotosessies en modeweke.
• Prada, Dolcé & Gabbana, Lanvin, supermodelle soos Gisele Bunchen en Naomi Cambell, asook sterre soos Oprah Winfrey, Madonna en Jennifer Lopez val onder haar kliënte.
“Modeweek 2016 was uitspattig, dit was alles of niks. Die voorkomste was óf effens surealisties en uitspattig óf afgestroop en kaal.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Kenmerke:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }• Gotiese sjiek
• Donker gevoel
• Nuwe lipkleure soos pastelblou en neon-oranje
• Vel was sy-agtig of skoon en natuurlik
• Oog-grimering was minimaal, wenkbroue is liggies ingevul en slegs maskara is gebruik
• Wange: ’n skaars sigbare blosser is gebruik
• Lippe was die fokus
Hier is oranje lippe by die Paco Robanne-vertoning.
Blou lippe! Ook by Paco Robanne
Die nuwe rooi lip-voorkoms is meer ongedefinieerd en edgy en kan bedags of saans gedra word. Pat het Max Factor se grimering gebruik vir die Vicoria Bekham-vertoning.
• Vel: ’n voorbereidingslagie is gebruik en onderlaag slegs waar nodg.
• Oë: ’n lagie khaki of oranje op die ooglede en ’n taupe-kleur aan die onderste wimpers. Maskara op die boonste wimpers.
• Lippe: twee verskillende rooi lipstiffies (Max Factor Lipfinity in Always Egg Plant en Marilyn Monroe Collection in Sunset Red) is gemeng en met vingerpunte aan die modelle se lippe gedruk.
Die fokus was ’n ligte en glansende vel met naakte, natuurlike skakerings.
Die rokerige oë-voorkoms is steeds verleidelik, maar ook sterk en koel. Nuwe skakerings is gebruik en Givenchy se rokerige kat-oog voorkoms was ’n goeie wegbreek van die gewone voorkoms.
Om hierdie tipe moderne kat-oog voorkoms te skep, stel Pat voor jy gebruik Max Factor Masterpiece High Precision Eye Liner in Black (R295,95). Begin by die buitehoek van jou oog en trek ’n lyn tot in die binnehoek van jou wimper. Die lyn moet dikker buite wees en dinner na die binnehoeke. Begin weer by jou beginpunt en trek die lyn ook onder jou onderste wimpers.
Vir meisies wat wegbeweeg van die norm en nie in ’n boskie geplaas wil word nie.
By die Tommy Hilfiger-vertoning was die inspirasie pragtige, vrygeestige “downtown” meisies wat grense verskuif. Haar grimering is vars en vroulik.
• Vel: warm en gesond, met ’n dou-agtige glans
• Oë: glansende, goue kleur oor die oë
• Wenkbroue: veeragtig
• Lippe: lipvlek
Om ’n goeie verhouding met tieners te hê, was nog nooit maklik nie, maar in…
Skop die nuwejaar af met dié heerlike vars slaaie! Resepte deur Vickie de Beer
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Hierdie webwerf gebruik koekies.