Mandatory Credit: Photo by David Fisher/REX/Shutterstock (9255308gj) Naomi Campbell and mother Valerie Morris The British Fashion Awards, Arrivals, Royal Albert Hall, London, UK - 04 Dec 2017 The Fashion Awards in partnership with Swarovski recognise creativity and innovation in fashion. The Fashion Awards celebrate exceptional individuals whose imagination and creativity have broken new ground in fashion globally over the past 12 months and brands and businesses that have transformed the possibilities of fashion today
Model-ma en dogter verskyn in nuwe Burberry-veldtog. Deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Greatstock / Shutterstock
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Naomi Campbell het van sy twaalf was by haar ma geleer hoe om op die loopplank te loop. Sy het aan The Guardian vertel hoe hulle twee in hul huis se gange op en af geloop het terwyl Lionel Richie se musiek op die agtergrond speel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Naomi neem haar ma gereeld as haar metgesel saam na spoggeleenthede. Verlede Desember het Naomi en Valerie albei in swart uitrustings geskitter. Die swart fluweel van Naomi se Versace-rok bring die gebruik van tekstuur na vore en sy hou haar bykomstighede min. Aan haar sy pronk moederhen met ’n klassieke swart snyerspak en ’n kenmerkende Bulgari- nekstuk wat die kollig steel. Mode is vanselfsprekend belangrik in die twee modelle se lewe, en keer op keer bewys die Campbells dat hulle vir die modewêreld uitgeknip is.
Hoewel Valerie nie ’n dag ouer as haar dogter lyk nie, kies sy tog ’n styl wat by haar ouderdom pas. Sy is dikwels te sien in vleiende, vroulike snitte eerder as gewaagde ontwerpe. Haar rokke word slim in diagonale lyne versier wat haar ’n uurglasfiguur gee. Sy hou ook van die klassieke en statige soldatejas. Haar kleurskema is meestal donker en haar bykomstighede is minimalisties.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Hulle verskyn nie net sy aan sy op die rooi tapyt nie, maar op die loopplanke ook. In 1993 het Valerie en Naomi op die Mugler-vertoning in monochroom nommertjies die loopplanke oorheers.
’n Klompie jare later, in 2010, lyk hulle nog net so beeldskoon soos toe hulle vir die Fashion for Relief-liefdadigheidsorganisasie verskyn het.
Burberry slaan die spyker op die kop! Naomi en haar ma is vir hul nuwe veldtog albei in ’n wit kraaghemp en swart snyersbaadjie uitgevat. Dit is sinoniem met elegant, klassiek en vroulik, maar bring ook die sterk vrouefiguur na vore. Die volledige reeks word op 13 November 2018 bekend gestel met nog bekendes, onder andere Matt Smith en Kristen Scott Thomas.
Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…
Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman. Om langs die pad gestrand te wees weens…
’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…
kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…
Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…
Deur Margaret Gardiner Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…
Hierdie webwerf gebruik koekies.