kategorieë: WenkeMode

Mode vir Moedersdag: Geskenkidees vir jóú ma

Deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

My ma het ’n hand met ’n plant

Jou ma vind haar vrede in die tuin. Sy is opgewonde as daar ’n groenigheid uit klam grond skiet, of as ’n plantjie in een van die ses glaspotjies op die vensterbank uitspruit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gemak, handigheid en gereedskap is ’n paar van die elemente wat jy in gedagte moet hou wanneer jy ’n geskenk vir hierdie stokperdjie uitsoek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Verbruikersgids

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Yuppiechef

Builders

Takealot

Hunter

’n Sentimentele siel

Jou ma is sentimenteel. Sy herskep ’n gunsteling-koppie in ’n potplant, of sy maak ’n lappieskombers met jou babaklere. Dié ma’s is gewoonlik kreatief en hou van die buitengewone.

Daarom sal ’n verpersoonlike geskenk die beste keuse wees. Baie juweel- en leerhandelsname is bereid om ’n woord/e op hul items te graveer.

Verbruikersgids

Chapel

Silvery

Carrol Boyes

Hugo Flear

Die boekwurm

Wie hou nie daarvan om snoesig voor die vuurtjie of in die son te sit en eietyd te hê nie?

Bederf jou ma met ’n paar warm pantoffels of oulike wolkamerjas om haar tyd met haar gunstelingboek nóg beter te maak.

Verbruikersgids

Woolworths

Poetry
Foschini

Heil die kookkoningin!

Aandetes is gewoonlik opwindend, want jou ma het ’n nuwe resep iewers raakgelees. Dalk hou sy van eksperimenteer met smake of speserye, of dalk is sy net ’n staatmaker as dit by jul gunstelingpasta en kaasgereg kom. Hoe ook al, dit gaan wild voor die stoof, en ’n geskenk wat haar proses vergemaklik, is altyd ’n wenner.

Verbruikersgids

@Home

Makro

MRP Home

Superbalist

Die aktiewe avonturier

Geniet julle dit om saam te draf, of ken sy elke persoon se naam in haar pilatesklas? ’n Gesoute avonturier sal erken dat ’n mens nooit genoeg oefenklere en toerusting het nie. Boonop voel ’n mens sommer meer gemotiveerd met die regte uitrusting.

Let mooi op waarvan jou ma hou: bergklim, draf, swem, of net om die blok stap; kies ’n geskenk wat by haar aktiwiteit inpas (want soos jy weet is nie alle tekkies dieselfde nie!)

Verbruikersgids

Cape Union Mart

Sportsman’s Warehouse

Total Sports

MRP Sport

Me. Modieus

As ’n nuwe tendens kop uitsteek, weet jou ma daarvan. Mode is ’n persoonlike uitdrukking van haar menswees. Haar styl kan enigiets van kleurryk en bont tot klassiek met ’n twist wees.

As dit moeilik is om jou ma se unieke styl te identifiseer, let op na elemente wat jy gereeld raaksien, soos ’n tekkie of blink bykomstighede, en speel veilig en kies ’n soortgelyke geskenk.

Verbruikersgids

Poetry

Steve Madden

Foschini

Accessorize


Die glansryke godin

Verbruikersgids

Miladys

Loer ook hier vir nog oulike geskenke van Miladys

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Nare bedmaats: Raad vir stofmyte

Nare bedmaats: Raad vir stofmyte deur Anet Schoeman. Hooffoto: iStock/fongleon356   As jy volgende keer tussen…

5 hours Gelede

Sensitiwiteit: ’n Gawe of ’n vloek?

Sensitiwiteit is nie ’n swakheid of iets wat reggemaak moet word nie. Dis iets wat…

7 hours Gelede

Bob Martin se virtuele portaal vir troeteldierversorging

Soms is dit moeilik om die ouer van ’n troeteldier te wees, veral wanneer dit…

7 hours Gelede

Wat soek ‘Kokkedoor: Son & See’ se beoordelaars? Sjef Yolani Abrahams vertel

Die passievolle kos-entoesias Yolani Abrahams (32) is saam met Herman Lensing een van die beoordelaars…

10 hours Gelede

Dié ekspo in Pretoria bied iets aan vir die hele familie – Dis Outdoor X tyd

Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…

11 hours Gelede

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.