kategorieë: TrendsMode

Mode onder R500 – die mooiste trou-uitrustings wat jy nou moet koop

Mode onder R500 – die mooiste trou-uitrustings wat jy nou moet koop Deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Onder R500: Troues

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1.Die helder rokkie

Vier die somer met ’n prettige rokkie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die oorvoustyl is al ’n geruime tyd gewild omdat dit so veelsydig is – dit is net so geskik vir ’n deftige geleentheid as vir ’n koffie-afspraak.

#rrWenk: As jy ’n troue bywoon, hou dit eerder minimalisties met fyner juwele en bykomstighede.

Lees ook: Detoks jou klerekas in ’n japtrap

Oorvourokkie (R429) Woolworths

2. Die haarboog

“Haarjuwele” het hierdie winter met mening by modehuise ingewaai, en gelukkig is dit steeds ‘n tendens vir die somer.

‘n Haarband of –boog kan enige uitrusting vinnig opkikker, en wanneer dit met stene of kralewerk versier is, is dit selfs nie eens nodig vir juwele nie. Maak dit die fokuspunt.

Lees ook: Moderne maniere om pêrels te dra

Haarboog met stene (R359) Zara

3 & 4. Die bypassende pakkie

Bypassende items is ’n maklike oplossing om stylvol te lyk.

Hierdie tendens volg op die snyerspakgier wat weer sy draai in die modewêreld kom maak het.

Ons is veral dol op die wyepypbroek wat jou ’n vleiende, vloeiende en vroulike voorkoms gee.

#rrWenk: Kies ’n ligte materiaal wat jy in die somerson kan dra en lekker in kan dans!

Lees ook: Hoe om hierdie jaar somer blompatrone te dra

Bloes (R329) en Broek (R249) H&M X Concious Collection

5&6. Gemaklike skoene

Met die regte hak sal jy nooit weer jou skoene op die dansbaan hoef uit te trek nie.

Blokhakskoene het die nuwe moet-hê-item geword juis omdat dit so gemaklik is.

Die wighakskoen keer die somer terug saam met die strooi- en kurkmateriale.

#rrWenk: Kies ’n styl wat om jou enkel bind sodat die skoene nie uitgly nie.

Lees ook: Wat trougaste hierdie jaar moet dra

Blokhakskoen (R399) en Wighakskoen (R499) Superbalist

7. Die somersakkie

Die geweefde styl is nie meer net vir die strand nie, jy kan dit nou selfs na troues neem.

#rrWenk: Kies ’n sakkie met ’n gestruktureerde raamwerk vir ’n deftiger voorkoms. Dit pas by enige uitrusting sonder om die voorkoms te oorheers.

Lees ook: Hierdie 8 modefoute kan jou slordig laat lyk

Geweefde sakkie met skouerketting (R499) Forever New

Kry dit hier:

Forever New

H&M

Superbalist

Woolworths

Zara

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

4 hours Gelede

Ken jou wegsleepregte

Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman.    Om langs die pad gestrand te wees weens…

4 hours Gelede

Griekse hoender-en-rys-gebak

’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…

5 hours Gelede

Bekroonde akteur Chumani Pan vertolk rol van prins in ‘Diepe Waters’

kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…

5 hours Gelede

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…

5 hours Gelede

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

10 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.