kategorieë: WenkeMode

Mode in oormaat: pasop vir die slaggate

Mode in oormaat: pasop vir die slaggate deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Vermy ’n slordige voorkoms

Om klere laag op laag te dra kan soms slordig lyk.  Onthou om nie klere van te dun materiale as jou onderlaag te dra nie.

’n Gevoude en gekreukelde bloes wat onder jou trui uitsteek, lyk nie afgerond nie – steek eerder daardie bloes in, of kies ’n materiaal soos denim wat nie sommer frommel nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Maksijas is ook lekker vir laag-op-laag en ’n staatmaker as jy deftig en elegant wil lyk.

’n Maksirok saam met jasse is groot nuus en ’n maklike manier om tekstuur en dimensie te skep.

Lees ook: Hierdie 8 modefoute kan jou slordig laat lyk

2. Fokus op vorm

Met baie lae klere, kan jy maklik soos ’n silinder lyk, daarom is ons te dankbaar vir reddingsitems soos gordels en slim tegnieke soos die “French tuck”.

Gordels kan jou middel mooi beklemtoon en moeiteloos ’n uurglasfiguur skep. Modevoorstanders dra deesdae hul gordels selfs oor hul jasse vir ’n meer dramatiese effek, maar as jy wil veilig speel, bind jou gordel om jou tweede laaste stapelitem (net voor jy jou groot jas of baadjie aantrek).

Lees ook: Dra gordels só

Die French tuck het vlamgevat nadat die modekenner Tan France die term op sy televisieprogram, Queer Eye, gebruik het. Dis ’n tegniek wanneer jy ’n gedeelte van jou hemp by jou broek of romp insteek. Dit kan voor of aan die sykant van jou broek ingesteek word. Volgens Tan skep hierdie tegniek ’n illusie van langer bene en vorm om die middel.

Lees ook: Vyf vinnige modetruuks wat jou uitrusting sal afrond

3. Balanseer ’n besige uitrusting

Modekenners moedig ons vanjaar aan om met buitengewone patrone, kleure en style te eksperimenteer, maar hou die volgende paar riglyne in gedagte sodat jy steeds stylvol lyk.

Die veiligste tegniek wanneer dit by kleure en patrone kom, is om by komplementêre kleure te hou in een uitrusting. Om al die primêre kleure op die kleurwiel tegelyk te dra kan dalk die koppe laat draai, maar jy kan ook soos ’n kleuterskoolplakkaat lyk.

Diep juweelkleure skep dadelik ’n luukse gevoel.

Indien jy helder kleure verkies, balanseer dit met  neutrale kleure soos wit, swart en roomkleur.

Onderbreek ’n besige uitrusting met ’n soliede kleur: As jy ’n patroonhemp en -broek aanhet, dra ’n effekleurbaadjie.

Wissel jou patrone af deur nie van kop tot toon net een grootte patroon te dra nie – verskillende patroongroottes maak dit makliker om elke patroon individueel raak te sien pleks van ’n figuur van swewende patrone.

Lees ook: Die 10 dinge wat in elke wintersklerekas hoort.

5. Wees gemaklik

“Beauty knows no pain” is dikwels die gesegde wat as ’n verskoning gebruik word wanneer mode jou gemaksone omvergooi. Hoewel die gesegde tot in ewigheid kan voortleef, is mode ’n voortdurende verandering en deesdae is gemak een van die hoofelemente in jou voorkoms.

Tekkies saam met pakke, pofbaadjies by rokke en blokhakke het vinnig gunsteling-tendense geword wat jou van dag tot aand ’n stylvolle, maar steeds gemaklike voorkoms bied.

Dis moeilik om ’n laag-op-laag-voorkoms te bou met materiale wat maklik kreukel wat lyk asof jy mode in oormaat gekry het. Probeer by stywer materiale soos denim hou. Vermy ook dik en bonkige items onder snyersbaadjies of stywe jasse. Nog ’n slim tegniek is om jou jas of baadjie bloot oor jou skouers te gooi en nie aan te trek nie om steeds daardie laag-op-laag-voorkoms te skep.

Lees ook: Lyk ryk: 7 maniere om luuks te lyk sonder om jou begroting te breek

Mode in oormaat

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

1 day Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

1 day Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

1 day Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.