Desember 2015 modefoto's
Ons modefoto’s vir Desember 2015 se uitgawe is by die alombekende Weltevreden Landgoed buite Stellenbosch geneem. Ons was meegevoer met die pragtige historiese geboue, ryk geskiedenis van die landgoed asook met die huidige aanbiedinge.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
’n Ryk geskiedenis
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Weltevreden is in 1692 deur Goewerneur Simon van der Stel toegeken aan Hans Henske. In 1707 vorm die landgoed deel van die Patrijse Vallei en word dit bemaak aan Hans se seun, David. Daniel Zaayman is titelhouer tussen 1710 en 1713, waarna Casper Hendrik Badenhorst eienaarskap van Weltevreden neem en trotse patriarg word van die ongeveer 25 000 Badenhorsts wat vandag hul herkoms kan terugspoor na Casper Hendrik en sy vrou Christina Matthyse.
In 1812 word die indrukwekkende Retief-opstal vir Deborah Retief en haar man Joachim Christoffel Esterhuysen opgerig deur haar vlytige broer Piet Retief. Volgens oorlewering is dit hier waar hy die bloudruk vir die Groot Trek opgetrek het en wat as inspirasie vir die besonderse ossewawiele gedien het wat deel vorm van die versiersel op die herehuis se gewels.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }In 1975 word die werf, insluitend die wynstoor, waenhuis en jonkershuis tot nasionale monument verklaar en in 1994 begin Chris en Paula Peel die 18 jaarlange proses om die landgoed te restoureer. Die Bezuidenhout-familie koop Weltevreden in 2012, voltooi die restourasie en ontwikkel die nuwe infrastruktuur (insluitend ’n nuwe restaurant en kindervriendelike area.)
’n Splinternuwe uitkyk
Deur middel van ’n kombinasie van versigtige historiese oorweging en omsigtige innovering, is daar besluit om die perseel te ontwikkel en toeganklik te maak vir die publiek. Deesdae kan besoekers uitsien na uitsonderlike buitelug funksie-fasiliteite, pragtige akkommodasie, kindervriendelike gronde en natuurlik die asemrowende natuurskoon. Alle aktiwiteite wat op die Weltevreden-gronde plaasvind, voldoen aan die beginsels vir agritoerisme soos onderskryf deur die Stellenbosch Munisipaliteit en poog om by te dra tot intrinsieke familiewaardes.
Kontak gerus die bemarkingsplan vir bespekings en nadere besonderhede oor alles wat die landgoed bied.
www.weltevredenestate.com
Tel: (021) 889 6588
E-pos: banqueting@weltevredenestate.com
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…
Genoeg vir 4 Bestanddele 15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…
Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…
Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…
Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…
Hierdie webwerf gebruik koekies.