Soek jy die towerformule om 2017 jou jaar van geluk, liefde en sukses te maak? Gebruik jou kop, sê die kenners, en dink jou in die posisie in waar jy wil wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Ja, jy kan jouself gelukkiger en suksesvoller dink as jy jou daarop toespits. Maar die teendeel is ook waar, en daarom moet jy jou brein reg fokus, sê Colleen Lightbody, ’n neurowetenskaplike in Sandton.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
*Lees die volledige artikel, “Maak die onmoontlike moontlik” in die Maart 2017-uitgawe van rooi rose.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Verhoudings werk op dieselfde manier as ander ervarings in jou lewe, sê Anne Harris, ’n verhoudingskenner van Sandton.
“Jou persepsie van ’n vorige verhouding kan jou toekomstige verbintenisse kelder. As jy die bagasie van mislukking saamsleep, word jy veroordelend en koop nie ten volle in ’n volgende verhouding in nie.
“Ons is geneig om ons maat kwalik te neem vir die foute, want dis moeilik om jou eie vrese en onsekerhede aan jouself te erken as jy in ’n verhouding seergekry het. Jou interpretasie van ’n situasie gaan verskil van jou maat s’n, want ons almal kyk met ’n ander verwysingsraamwerk na ’n situasie.”
Dis soos daardie sketse waarin verskillende prentjies versteek is. Die een mens sien ’n kat en die ander een ’n blom. Wat jý sien is jóú werklikheid en dit beïnvloed hoe jy ’n situasie ervaar.
“Jy kan die bose kringloop deur bewustheid verbreek sodat jy nie telkens in dieselfde denkpatroon verval nie. Besef dat jou interpretasie nie die enigste waarheid is nie en sien nuwe geleenthede sonder om jou reeds reg te maak vir mislukking. Wees plooibaar en werk daaraan om met nuwe oë na ou patrone in ’n verhouding te kyk.”
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Hierdie webwerf gebruik koekies.