kategorieë: Ons menseBekendes

Minki oor moederskap

Op ’n dag, 16 jaar gelede, toe sy presies die helfte van haar lewe tot dusver geleef het, het almal in die land skielik geweet wie Minki van der Westhuizen is. Die langbeenmeisiekind van Durbanville, naby Kaapstad, het die nuwe gesig van Guess Jeans geword. Ja, dié befaamde internasionale handelsmerk wat vandag steeds woema in topmodelle soos Kate Upton en Gigi Hadid se loopbane blaas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit was ’n Minki met heuplengte blonde lokke, kurwes op perfekte plekke en ’n ongekunstelde glimlag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Hele paar hoë-oktaan-jare het gevolg; in haar vroeë twintigerjare is sy in ’n peiling as die begeerlikste vrou ter wêreld aangewys.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die einste Minki het pas 32 geword. ’n Effense behoedsaamheid het in haar oë kom kruip. Haar lang maanhare het gewaai en in die plek daarvan het sy nou ’n lekker kort bob. Sy is nou mevrou Joubert en ’n ma van twee dogtertjies onder drie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

‘My ma het my alles geleer wat ek weet; Ons kon, en ons kan steeds, oop en eerlik oor alles praat’

Lees ons volledige onderhoud met Minki en haar ma, Carien, in die Mei 2016-uitgawe van rooi rose.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

6 hours Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

7 hours Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

10 hours Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

12 hours Gelede

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

3 days Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.