kategorieë: Blogs

Minder vir my, meer vir jou

Die sms sê net: “Stuur vir my ’n boodskap as jy jou tas het. Dan stop ek op die halfuur gratis parkering. Sal later verduidelik.” Vreemd, dink ek. Hy kom my gewoonlik self haal, dié man wat my die afgelope twee jaar getrou tussen die lughawe, kantoor en huis rondry omdat dit te gevaarlik geword het om dié pad vrou-alleen in die nag aan te durf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hy kyk my nie in die oë nie. Halfpad huis toe kom dit uit: sy sake-vennoot het finansiële probleme, kan hom al maande lank nie betaal nie. Daar’s R20 in sy bankrekening. ’n Mens kan nie R20 by ’n kitsbank trek nie. Sê hy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek sluk en kyk by die verkeerslig in die oë van die soveelste bedelaar. Die vrou kyk af, die bord praat: “Help my. Asseblief. Twee kinders. Hulle is honger.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dis daardie tyd van die jaar.

In die winkels kreun die rakke onder blinkrooi, silwer en goud. Strikke, papier, tinsel en twak. Lamppale steier onder Kersmark-plakkate en Jingle Bells dreun tydig en ontydig in my ore. Tuis baan ek my weg tussen lysies en krytprentjies en nóg lysies vir Kersvader. Elke week iets anders. Ons pak reg en weg, gooi uit, maak die baie minder om plek te maak vir meer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ja, dis hierdie tyd van die jaar. Die gaping tussen dié wat het en dié wat wens hulle het benouend sigbaar.

Ek sien hoe my skoolvriendin op haar manier begin baklei teen die kanker wat haar plattrek – “eerste rondte chemo klaar. Chemo 1, ek 0.5,” skryf sy op haar muur. Later: “Ek probeer reverse uit die chemo-kamer waar laggende vroue met donskoppe sit, gestrap aan IV-lyne. Hulle merk dit op en trek my saggies tot op ’n Lazy-boy stoel. Ek moet surrender.
SURRENDER. Die moeilikste ding.” Sy skryf. Ek skree.

Daardie tyd van die jaar word hierdie tyd van die jaar.

Hy wil dit nie vat nie, maar ek los die geld in sy kar. Gaan soek die bedelaar, kry vier ander. Skryf op haar muur: “Laat weet as jy ’n sitmater nodig het.”

Dis hierdie tyd van die jaar. Die tyd wanneer ek, en jy, onsself elke dag herinner: minder vir my, meer vir jou.

Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

9 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

20 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.