kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Minder gruis, meer groen – Inspirasie vir uitdagende en beknopte tuine

Groen ruimtes is nie net goed vir mense nie, maar dis absoluut noodsaaklik vir die omgewing. Die ruimtes is krities om doeltreffend as natuurlike filters op te tree, koolstofdioksied uit die atmosfeer op te neem en suurstof in die lug vry te stel. Hulle speel ook ’n deurslaggewende rol in biodiversiteit deur voedsel en skuiling aan ’n wye verskeidenheid plant- en dierspesies te verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit kan ’n uiters lonende uitdaging wees om beknopte stedelike ruimtes in groen oases te omskep en GARDENA-produkte kan beslis help om die meeste van hierdie omgewings te maak. Hier is ’n paar idees vir inspirasie wat jou kan help om gruis of plaveisel in welige, groen toevlugsoorde te omskep:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vertikale tuine

  • Gebruik muurhouers: Installeer die GARDENA NatureUp!- vertikale houers wat óf vrystaande óf muurgemonteerde potte kan wees om ’n groen muur te skep. Dit spaar vloerplek en voeg groenigheid op ooghoogte by.
  • GARDENA se vertikale besproeiingstel: Hierdie besproeiingstel werk met die vertikale houers en verskaf water in ’n dripstelsel om doeltreffend by alle plantholtes uit te kom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Eetbare tuine

  • Geligte houers: Gebruik geligte tuinbeddens of groot houers om kruie, groente en blomme in te plant. Hierdie metode is perfek vir klein ruimtes en kan ’n klomp groenigheid byvoeg.
  • GARDENA MicroCutting-reeks: Dit bestaan uit al die noodsaaklike gereedskap om vanuit jou kruietuin na jou tafel met gemak te oes.

Slim besproeiing

  • GARDENA-dripbesproeiingstelsel: Installeer ’n mikro-dripstelsel om seker te maak dat jou plante die korrekte hoeveelheid water kry en daar nie water gemors word nie. Dit is veral lekker om met houers en vertikale tuine te gebruik.
  • Outomatiese tydhouers: Gebruik tydhouers om waterskedules outomaties te laat hardloop, wat onderhoud makliker vir besige individue sal maak.
  • GARDENA se AquaBloom is ’n besproeiingsproduk wat met sonkrag werk en tuiniers help wat nie toegang tot ’n kraan op hul balkon het nie of vir besige individue wat net ’n besproeiingstelsel wil insit en met hul lewe aangaan. Die AquaBloom versorg en gee jou plante water gedurende die tye wat jy nie daar is nie. Dit kort nie ’n kraan of kragtoevoer nie. Plaas eenvoudig ’n emmer met water en jy is goed op pad met hierdie mikro-driptegnologie.

Kompakte tuinslangoplossings:

  • Steunraam vir tuinslang: Droogte is slegte nuus vir plante en die korrekte watergereedskap is belangrik om seker te maak jou plante trek nie swaar nie. Die GARDENA-tuinslang vir jou terras is so ontwerp om teen die muur gemonteer te word sodat dit uit die pad is terwyl jy maklik toegang tot water kan kry.
  • GARDENA-tuinslangkatrol: Hou jou tuinslang netjies weggebêre en maklik om in die hande te kry wanneer jy jou plante wil water gee.

Gebruik ’n heiningplant om privaatheid te skep

  • Heiningplante is ’n fantastiese idee om ’n skerm in jou tuin te skep en so ’n privaat, rustige groenruimte in beknopte ruimtes te skep. Dit verhoog nie net jou privaatheid nie, maar voeg ook natuurlike skoonheid en struktuur tot jou tuin by. GARDENA se heiningsnoeier wat met batterye werk, is perfek om hierdie heinings met gemak en doeltreffendheid te onderhou.
  • GARDENA-heiningsnoeier: Vir onderhoud van heinings wat met die hand gedoen word, is daar ’n reeks heiningsnoeiers wat GARDENA bied wat in al jou snoeibehoeftes sal voldoen.

Seisoenale dekor

  • Seisoenale plante: Beweeg plante volgens die seisoene rondom jou ruimte die heeljaar lewendig te laat lyk. Inkorporeer dekorprodukte wat die ruimte sal ophelder.
  • GARDENA ClickUp!-reeks: Die ClickUp!-handvatsel kan maklik in die grond geplant word en is gereed om saam met enige van die ClickUp!-toestelle gebruik te word. As jy die toestel op ’n terras wil plaas, dan is die BalconyClamp slim ontwerp om rondom ronde of vierkantige relings te pas. Nou is jy gereed om die dekor te pas wat vir jou geskik is. Maak jou keuse tussen die Insect Hotel, BirdBath, TorchFireplace, Windlight of BirdFeeder.

Genot en vermaak

’n Klassieke gesinstuin is ’n groen ruimte met kleurryke blomplante. ’n Tuin lyk beter met ’n welige groen grasperk wat dit perfek maak om in die somer te geniet. Om daardie welige grasperk te kry, is makliker as wat jy dink as jy die korrekte gereedskap het. GARDENA Sileno Robotic-grassnyer neem die gesukkel uit grassny uit. Die Sileno werk saggies om jou gras te sny terwyl jy die lewe geniet. Lê eenvoudig die kabel neer, stel die skedule en die outomatiese snyer sal regdeur die jaar vir jou grasperk sorg.

Totsiens gruis!

Deur hierdie idees in plek te sit en op GARDENA se reeks produkte staat te maak, kan jy enige klein ruimte in ’n welige en uitnodigende tuin omskep wat ’n bietjie natuur in die hartjie van die stad bied.

Lees ook: 35 slim truuks vir jou tuin

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.