Tog snaaks hoe die lewe werk. Of soms nié werk of hoegenaamd saamwerk met wat ons beplan en hoop nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Ek was so ’n rukkie gelede nog stiksinnig aan die wroeg oor my eie bekommernisse en frustrasies en die kinders se skooldinge wat sy tol eis, toe ’n vriend my nooi vir koffie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die vriend vertel van ’n swaar emosionele las en al wat in ons jarelange vriendskap vir my uitstaan, is dat ek altyd kon staatmaak op die vriendskap en ondersteuning. Hoe eenoogig van my om net altyd staat te maak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Min het ek geweet hoe swaar die vriend dra.
Nog minder het dit my gevoel kan ek doen om te help.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Daarwees is soms bloot nie genoeg nie.
Ek is iemand wat hou van dinge fieks. As ek iets nie kan reg bid, reg praat, reg redeneer, reg slaan (hopelik spreekwoordelik) of reg stofsuig (meestal maar letterlik) nie, is ek soos ’n dier in ’n hok. Wil uit, wil iets doen, maar ek voel telkens hoe hardloop ek my vas teen die tralies.
Laasweek sit ek en ’n vriendin ’n langverwagte koppie koffie en drink. Sy vertel my van haar kind se oogsiekte. Ek kon vroeër nie die moed bymekaar skraap om haar daaroor uit te vra nie; gevoel dis nie my plek nie.
Terwyl sy praat besef ek deur hoeveel die gesin die laaste jaar of twee is. Sy is ’n beeldskone, goedvoel mens, altyd met ’n glimlag op die gesig en ’n gawe woord.
Min het ek geweet hoe ontsuimig haar hart moes wees om te hoor haar kind raak blind.
Ek was so ’n rukkie gelede nog aan die gesels met ’n ander vriendin oor hoe gou die lewe verbysnel en hoe gou ons kinders groot word. Na ’n lang dag van sibbe-oorloë het ek ewe gesê: “Party dae raak hulle nie gou genoeg groot nie!”
Toe hoor ons van ’n ander ma wie se kind kritiek in die hospitaal is na ’n nekbesering. Net nou die dag was die kind ’n skoolseun met ’n mooi, breë glimlag.
Min het ons geweet watter “Pause”-koppie op ’n lente-aand gedruk sou word in dié jongman se lewe.
Maar, waar een of twee mammas en pappas en vriende saambid, weet ons gebede word verhoor. Ons glo dié eertydse skoolseun sal nog eendag foto’s van sý breëglimlagkind met almal deel.
In Ina Iesegrimmig-modus is ek die naweek een laatmiddag mall toe om karton vir die soveelste mondeling te koop.
In die hardloop voor toemaaktyd, let ek uit die hoek van my oog ’n oom op wat ek ken. ’n Baie geliefde man wat diep spore in ons dorp en gemeenskap trap.
Ek glimlag onwillekeurig. Ek en ’n goeie vriend het ’n paar dae gelede koffie gedrink en gesien hoe die oom en sy vrou heerlik gesels oor middagete in die koffiekroeg. ’n Mooi voorbeeld van liefde en samesyn.
Skaars 24 uur later sien ek op sosiale media dat mense hom voorspoed toe wens. Hy was in ’n ernstige motorongeluk. Veroorsaak deur ’n bestuurder wat na bewering onder die invloed was. Só onnodig.
Minder as twaalf ure later die tyding: Hy is weg.
So skielik. So onverwags, dié hartverskeurende werklikheid vir sy vrou, kinders, kleinkinders en vriende.
So ’n groot verlies vir die gemeenskap.
Min het ons geweet hoe kort “die lewe is kort” werklik is.
Min weet ons.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.