Migraines: Wat is dit? deur Leandri de Kock
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
’n Migraine is ’n hoofpynversteuring wat deur ’n intense, herhalende pyn gekenmerk word. Dit is ’n erge, polsende pyn wat dikwels voorafgaande simptome soos naarheid en lig- en klanksensitiwiteit insluit. Hierdie sensoriese ontwrigting word ‘n aura genoem. Migraines is dikwels oorerflik, maar word meer algemeen deur stres en hormonale veranderinge in vroue veroorsaak. Vroue is drie keer meer geneig as mans om dit te kry. Daar is wel ook talle ander oorsake en dit wissel vir elke lyer. Sekere kos en drank kan snellers wees sowel as blootstelling aan rook, ligsensitiwiteit, weer- of hitteveranderinge, fisieke aktiwiteit, sterk reuke, slaapversteurings, ensovoorts. Die oorsaak hiervan in die brein kon nog nie met sekerheid vasgestel word nie, maar dit het glo wel te doen met veranderinge in die breinstam en sy interaksies met die trigeminale senuwee (’n pynweg). Dit kan ook veroorsaak word deur ’n wanbalans in breinchemikalieë, wat dan die senuweestelsel onreëlmatig reguleer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Foto: Karolina Grabowska vir Pexels
Medikasie
Vir sommige mense help oor-die-toonbank-medikasie soos aspirien, ibuprofen of parasetamol, maar vir dié wat nie so gelukkig is nie, is voorskrifmedikasie nodig. Antidepressante, epilepsiemedikasie (soos topiramate) en betablokkeerders (soos propranolol) word soms voorgeskryf om migraines te help voorkom. ’n Triptan (soos zolmi- riza- of eletriptan) word gewoonlik ook voorgeskryf om die simptome van ’n migraine te help verlig – meestal om die pyn te stop.
Botoks
Die inspuitings kan die senuweestelsel beïnvloed deur die seine en chemikalieë wat pyn veroorsaak tot ’n mate te help voorkom. Botoks word in die voorkop, by die slape en agter die kop, al langs die nek en skouers af, ingespuit. Sodoende funksioneer dit as ’n versperring in die pad van die chemikalieë wat dan nie by die senuwee-eindpunte kan uitkom nie.
Fisioterapeut
’n Fisioterapeut kan help om die simptome van migraines te verbeter wanneer die oorsaak spier- of stresverwant is. Dit kan massering en akupunktuur insluit, afhangend van jou spesifieke behoeftes.
Dieetkundige
As sekere kosse, bymiddels of drankies die sneller vir jou migraines is, kan dit jou help om ’n dieetkundige te gaan sien. Jy sal dan ’n dagboek moet hou van wanneer jy migraines kry en wat jy voor dit geëet en drink het om die oorsaak te probeer vasstel. Dis nie noodwendig altyd net een spesifieke tipe kos nie, maar eerder ’n bestanddeel of preserveermiddel waarvan jy nie noodwendig bewus is nie.
Aanvullings
Daar is ’n paar daaglikse aanvullings wat met die voorkoming en behandeling van migraines kan help.
Joga
Rustige, stadige joga-oefeninge kan tot ’n groot mate help om die simptome van ’n migraine te verbeter. Dit kan tesame met asemhalingstegnieke stywe spiere en spanning verlig.
Gaan sien ’n neuroloog. Die neuroloog kan dan verdere aanbevelings maak ten opsigte van ’n fisioterapeut, ginekoloog, of selfs ’n tandarts (afhangend van jou simptome).
The Headache Clinic
Cape Headache Clinic
Genoeg vir 4. Bestanddele 500 g vars pasta, soos tagliatelle of spaghetti 250 ml…
Om jou hond se ore skoon te maak is ’n noodsaaklike deel van sy basiese…
Bestanddele 3-4 groot rooi soetrissies, middeldeur gesny, en wit vliesies en pitte verwyder. sout…
Ons almal het een of ander slegte gewoonte. Die goeie nuus is dat jy dit…
Van speelskool na grootskool: 5 wenke deur Mariette Snyman. Foto Pixabay Om by die…
Met die strandseisoen op ons, kyk ons na die moets en moenies om te verseker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.