Midway – en die onverwagse lewenslesse wat ek daaruit geleer het

Midway – en die onverwagse lewenslesse wat ek daaruit geleer het deur Margaret Gardiner. Hooffoto: Armando Gallo, verskaf deur Margaret Gardiner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Midway – en die onverwagse lewenslesse wat ek daaruit geleer het

Ek was ’n bietjie verdeeld oor die nuus dat daar ’n fliek gemaak is oor Midway.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek is mal oor geskiedenis, so in daardie opsig is dit wonderlike nuus. Maar ek is terselfdertyd ook so moeg vir sinnelose aksie, veral die soort waar ek weet wat volgende gaan gebeur. Dit lei tot vrae soos hoekom? Hoekom hier? Hoekom nou? Moet ek regtig?

My man wou baie graag hierdie fliek sien, en ek het ingestem om saam te gaan.

Ek moet erken: hy was reg, en ek was verkeerd.

En natuurlik gaan al die manne nou sê “maar natuurlik was hy reg!”

Laat my toe om te verduidelik …

Roland Emmerich het dit reggekry om ‘n fliek te maak wat beide kante wys van die kat-en-muis-speletjie wat gelei het tot Amerika se betrokkenheid by die Tweede Wêreldoorlog.

So, wie gee om, wonder jy? Wel, as ons nie die foute van die verlede wil herhaal nie, beter ons oppas. Dit gaan daaroor dat ons mense nie in hoekies moet verf nie, dat ons bewus moet wees van ander kulture, van geskiedenis en ambisie en die belangrikheid van tegnologiese meerderwaardigheid. Roland het ’n baie genotvolle fliek geskep wat jou na die hart van die aksie neem op ’n manier wat mens laat asem ophou.

Die rolverdeling wemel van karakter-akteurs, en is gebaseer op ’n ware verhaal.

Daar vind elke oomblik van die dag wêreldwyd verskriklike wandade plaas, en in Midway kry ‘n mens ‘n kykie op die dapperheid van individue wat gaan veg omdat hulle glo dit is vir ‘n geregverdigde doel.

Die konsep is taamlik outyds, en die fliek kombineer outydse idees met moderne invloede. Dit dwing ons om te onthou dat die keuses van ons leiers gevolge inhou vir almal van ons, en dat dit noodsaaklik is om te stem as ons enigsins ‘n invloed wil uitoefen oor ons toekoms. Dis maar ‘n paar van die filosofiese argumente wat die fliek ontlok.

Die fliek self is ‘n intense, genotvolle ervaring.

Die popsanger Nic Jonas vertolk ‘n lieflike rol wat maak dat ‘n mens meer van hom wil sien. Luke Evans, Patrick Wilson, Woody Harrelson en Dennis Quaid maak almal ‘n verskyning in die fliek, en Ed Skrein speel die hoofrol. Hy neem ons na die hartjie van die stryd. Metaal op metaal, in vlamme. Die see wat brand. Vliegtuie wat koeëls probeer ontduik, heen en weer deur die lugruim soos resiesmotors op ‘n baan sonder beperkings.

Die fliek is ook ‘n wenk oor hoe om die soort flieks te maak wat ons selde sien, die flieks wat ateljees net nie meer vervaardig nie. Roland moes buite die stelsel gaan en internasionaal befondsing soek vir die fliek. Die loket word al hoe meer beïnvloed deur jóú geld – buite Amerika. Die internasionale wêreld kan ‘n invloed hê op toekomstige besluite oor wat gemaak word en wie daarin speel, doodgewoon deur die fliek te gaan kyk.

As buitestander verstaan Roland Emmerich dit, en in hierdie aksiefliek oor ‘n oorlog van lank gelede, is daar hope moderne lesse te leer. En jy sal die aksiebelaaide rit geniet – met heelwat om later oor te praat as jy wil diep raak.

Luister hoe Roland Emmerich verduidelik hoekom hierdie storie steeds relevant is op my YouTube-kanaal, en volg my gesprekke met rolprent- en TV-sterre en regisseurs deur in te teken op my YouTube-kanaal. Dis gratis – druk net die subscribe knoppie!

Midway begin in Suid-Afrika op 25 Desember 2019 draai.

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels – dis als gratis om haar te volg.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

3 mins Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

11 mins Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

15 mins Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

34 mins Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

1 hour Gelede

Heerlike winterpastagebak

Hierdie heerlike pastagebak is genoeg vir 6 porsies.

1 hour Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.