Michael Douglas oor The Kominsky Method, verhoudings en die ouderdom

Michael Douglas oor The Kominsky Method, verhoudings en die ouderdom deur Margaret Gardiner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

The Kominsky Method laat mens nadink oor “dating” buite jou ouderdom (of gender) grense en mense se persepsies daaroor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dis ’n hartseer feit dat die mense met die interessantste stories dikwels ook mense is van wie niemand wil lees nie.

Ons lei besige lewens.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die wêreld gryp na ons, desperaat vir aandag, en nog voordat ons ons alles kon gee, verander die reëls weer en moet ons nog ’n keer aanpas.

Toe Netflix dus verlede jaar The Kominsky Method bekend gestel het, was ek nie te geïnteresseerd nie. Ek het voor die televisie gaan sit om net vinnig ’n idee te kry waaroor dit gaan – met my man wat op die ander rusbank wag dat ek moet klaarmaak sodat ons kan kyk na iets waarin ons regtig belangstel.

En toe ons ons weer kom kry, was ons vasgenael.

Die reeks het verlede jaar ’n Golden Globe gewen, en die tweede seisoen twee is selfs beter as die eerste een. Hoewel dit handel oor ouer word, is die storie snaaks en universeel.

Die huidige generasie mag moontlik nie weet wie Michael Douglas is, of dat hy deel is van Hollywood Royalty nie.

Sy pa, Kirk Douglas, was een van die grootstes in die goue era van Hollywood. Michael self was vervaardiger van (of akteur in) ’n paar sosiaal relevante flieks (One Flew Over the Cuckoo’s Nest, Wall Street, 3 Mile Island) asook in suiwer vermaak – wie kan Sharon Stone vergeet in Basic Instinct of Fatal Attraction?

En hy het ook weer opgeduik in produksies wat nou vuurwarm nuus is, soos Ant-Man.

Op die sosiale front was hy bekend as ietwat van ’n “player”, totdat hy Catherine Zeta-Jones ontmoet het en met haar getrou het.

Daar was ’n tyd wat Michael met ’n rits vroue uitgegaan het van wie ’n hele klomp boonop buite sy ouderdomsgroep geval het – dis ook temas wat ondersoek word in The Kominsky Method.

Dus was dit nogal interessant om met hom te praat oor sy dogter (wat nou oud genoeg is om te kan “date”) en hoe hy voel daaroor dat sy dalk met ouer mans sal wil uitgaan.

Dis ’n ding wat steeds deel is van ons samelewing – dat ’n man gekies word vir die rol van ’n “love interest” teenoor ’n vrou wat ’n dekade of meer jonger is as hy.

En vroue?

Wel, dit gebeur nie juis met hulle nie.

Wanneer ’n vrou uitgaan met iemand jonger as sy, fokus die media gewoonlik net op die ouderdomsverskil.

Toe ek jonk was, is ek vinnig blootgestel aan die wêreld.

Ek het aanklank gevind by mense wat dieselfde siening van die wêreld het as ek, wat met my kon praat oor politiek en reis.

Ek het met ouer mans uitgegaan omdat ek nie baie agtienjariges ontmoet het wat gefokus het op die dinge waarin ek belanggestel het nie.

Soos wat ek ouer geword het, en die wêreld ingehaal het op my ouerdomsgroep, is ek blootgestel aan sowel ouer as jonger mans.

Op die ou einde het ek met iemand getrou wat sewe jaar ouer is as ek. Ouderdom is nooit ’n faktor in ons huwelik nie.

Uiteindelik gaan liefde oor wat binne aangaan, en dit word die gemene faktor.

Die uiterlike mag dalk ons aandag trek, maar ons bly by iemand weens ons konneksie.

Hier is ’n skakel na Michael Douglas se onderhoud oor The Kominsky Method.

Jane Seymour speel teenoor hom, en Kathleen Turner maak ook ‘n verskyning in die reeks, wat kwessies verken rondom gender, ouderdom en “dating”.

En ja, sy dogter gaan uit met ’n man van haar pa se ouderdom, en dit ontlok ’n klomp humor – wat die rede is hoekom ek hom daaroor kon uitvra in ons onderhoud vir my YouTube-kanaal.

Kyk, geniet en teken hierop in – dis verniet.

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels – dis als gratis om haar te volg.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

15 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

15 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

16 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

17 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

19 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

19 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.