kategorieë: Ons menseBekendes

Mia le Roux onthul hoe vertigo haar deelname aan Mej. Heelal gefnuik het

Die huidige Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, het vandag in ’n video op sosiale media onthul hoe ernstige uitdagings met vertigo haar deelname aan die finale ronde van vanjaar se Mej. Heelal-kompetisie noodgedwonge beëindig het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Volgens Mia het sy kort voor een van die laaste uitdundrondes in Mexiko gesukkel om haar balans te hou en ‘n herhaaldelik geval terwyl sy haar nasionale kostuum aangehad het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Geestelik was ek baie sterk, maar fisiek het my liggaam baie swaar gekry,” vertel Mia. “My vertigo het net erger geword, selfs ná mediese hulp. Op die aand van die finale uitdunronde was ek gereed om my land in my nasionale kostuum trots te verteenwoordig, maar my lyf het geweier. Dit het nie gevoel of ek in ‘n veilige toestand was om op die verhoog te stap nie. Ek moes vinnig besef, en vrede maak met die feit dat hierdie pad nie vir my bestem was nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die 28-jarige skoonheid het ook verduidelik dat balansprobleme wat deur vertigo veroorsaak word, meer algemeen by persone met ‘n gehoorgestremdheid is, “Vertigo is ‘n toestand wat mens duiselig laat voel en asof die wêreld om jou draai. ‘n Gehoorgestremheid maak ook dat jy vertigo meer intens ervaar, wat groot probleme met jou balans kan veroorsaak.”

Mia, wat doof gebore is, was twee jaar oud toe sy ’n koglêere inplanting gekry het en is die eerste dowe vrou om as Mej. Suid-Afrika gekroon te word.

Mia, wat ook geskiedenis gemaak het as die eerste dowe deelnemer om Suid-Afrika by Mej. Heelal te verteenwoordig, sê sy is diep dankbaar vir Suid-Afrika se ondersteuning en hoop om weer haar volle krag te herwin.

Volgens ’n amptelike verklaring deur die Mej. Suid-Afrika-organisasie het Mia ongelooflike moed en grasie aan die dag gelê in hierdie moeilike tyd. “Haar gesondheid en welstand is ons hoofprioriteit, en ons staan ​​aan haar sy, toegewyd om te verseker dat sy haar krag herwin en ten volle herstel. Ons harte is met haar terwyl sy besig is om te herstel.”

Denemarke se 21-jarige Victoria Kjaer Theilvig is Saterdag as die nuwe Mej. Heelal gekroon.

Lees ook: Van skoolboeke tot draaiboeke: Arnold Swart se reis in ‘Nêrens, Noord-Kaap’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge!

    Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier!     Modern 14 F13MG      Kleinhandelaar:…

4 hours Gelede

Bernice West oor ouerskap: ‘Daar is nie woorde nie…’

Foto's: Instagram/Bernice West   Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…

23 hours Gelede

5 vinnige visresepte vir aandete

Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…

1 day Gelede

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

4 days Gelede

Steak-en-sampioen-roerbraai

Genoeg vir 4-6 Bestanddele   Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit oor sy opwindende jaar wat voorlê

In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.