kategorieë: Ons menseBekendes

Mia le Roux gesels oor haar pad na Mej. Heelal op ‘Waar daar ’n wil is’

Sy is nie net die eerste dowe vrou om as Mej. Suid-Afrika gekroon te word nie – Mia le Roux is ook die eerste dowe vrou om aan die Mej. Heelal-kompetisie deel te neem. As daar iemand is wat ’n sprekende voorbeeld is van “waar daar ’n wil is, is daar ’n weg”, dan is dit Mia.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Op 15 November, die vooraand van vanjaar se Mej. Heelal-kompetisie in Mexikostad, is Mia die gas in Waar daar ’n wil is, die kykNET-geselsprogram wat deur Lee-Ann van Rooi aangebied word. Lee-Ann vra haar uit oor haar suksesse en uitdagings, asook die liefde en ondersteuning wat sy veral van haar ouers gekry het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Mia le Roux en Lee-Ann van Rooi (Foto: Verskaf/kykNET)

Mia, wat doof gebore is, was twee jaar oud toe sy ’n koglêere inplanting gekry het. Haar gehoorgestremdheid het haar egter nog nooit daarvan weerhou om haar drome na te jaag nie. Toe sy besluit het om vir Mej. Suid-Afrika in te skryf, het sy dit gedoen om te wys dat inklusiwiteit – om spasie te maak vir dié wat anders is – van kardinale belang in enige samelewing is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waar daar ’n wil is se produksiespan is Oudtshoorn toe om insetsels vir die program te verfilm en het met haar ouers, Schalk en Liesel, en haar broer, eweneens Schalk, gepraat. Hulle het ook ’n draai by Hoërskool Oudtshoorn gemaak om met, onder andere, die skoolhoof en Mia se kunsonderwyser te praat. Mia is die skool se tweede Mej. Suid-Afrika, met Wilma van der Bijl wat die kompetisie in 1987 gewen het.

Mia vertel in die program hoe sy haar kêrel van die afgelope drie jaar, Luke ten Oever, ontmoet het en wat hy vir haar beteken. Sy verduidelik ook hoe sy kommunikeer en watter lang pad sy gestap het om te leer praat. Sy én haar ma het ’n baie spesiale boodskap vir almal wat uitdagings in die gesig staar: Moet nooit moed opgee nie.

Die onderhoud met Mia op Waar daar ’n wil is word op 15 November om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream en Catch Up.

Lees ook: KYK: Mia le Roux se mooiste uitrustings by Mej. Heelal +hoe om vir haar te stem!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

1 day Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.