Mia le Roux het pas die gesogte titel van Mej. Suid-Afrika gewen en sal vir die volgende jaar die kroon genaamd Mowana oftewel “Boom van lewe” dra. Sy is die eerste Mejuffrou Suid-Afrika met ‘n gehoorgestremdheid.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Mej. Suid-Afrika het op Saterdag 10 Augustus by die SunBet Arena by Time Square Menlyn in Pretoria plaasgevind.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Bonang Matheba het haar terugkeer as seremoniemeester vir die kompetisie gemaak en die verhoog met die voormalige Mej. SA, Natasha Joubert gedeel. Die sterbelaaide paneel van beoordelaars het uit Leandie du Randt, Lerato Kganyago, Rolene Strauss, Thembi Seete en Jo-Ann Strauss bestaan.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Van Suid-Afrika se toptalente, insluitend Jesse Clegg, Kamo Mphela, Lebo Mashile, Zoë Modiga, en gebaretaalaktivis Andiswa Gebashe het by die geleentheid opgetree.
Die voormalige Mej. SA, Natasha Joubert.
Natasha se raad aan die nuwe Mej. Suid-Afrika, wat sy oomblikke later sou kroon, was: “Jy is so waardig, jy is so bekwaam. Gryp hierdie jaar met vrymoedigheid aan.”
Vir die top-drie-posisies moes Mia le Roux (29), Onalenna Constantin (26), Nompumelelo Maduna (29), Ontshiametse Tlhopane (23), Layla Zoubair (29), dit in vraerondtes uitspook om te bepaal wie die kroon sou dra.
Onalenna Constantin het die derde plek behaal, Nompumelelo Maduna het die naaswenner-titel ingepalm en Mia le Roux is as Mej. Suid-Afrika 2024 aangewys.
Mia le Roux is die eerste Mej. Suid-Afrika met ‘n gehoorgestremdheid.
Die 28-jarige skoonheid is in Sasolburg, Vrystaat, gebore en het in Oudtshoorn in die Wes-Kaap grootgeword. Sy is ‘n bemarkingsbestuurder, model en deeltydse BCom Bemarkingstudent. Sy is op die ouderdom van een met ernstige gehoorverlies gediagnoseer en het op tweejarige ouderdom ‘n kogleêre inplanting gekry. Volgense Mia het haar gemeenskap saamgespan om haar die gawe van gehoor te gee, wat haar begeerte geïnspireer het om ‘n positiewe impak te maak.
Sy beskryf haarself as veerkragtig, toegewyd, grasieus en vriendelik.
Ná die laaste episode van die Mej. SA-realiteitsprogram Crown Chasers was daar altesaam elf deelnemers oor. Chidimma Adetshina het egter aangekondig dat sy amptelik aan die kompetisie onttrek ná ‘n herrie oor haar burgerskap losgebars het. Die top-10-finaliste wat vanaand deelgeneem het, was: Layla Zoubair, Lebohang Khoza, Mia le Roux, Nompumelelo Maduna, Onalenna Constantin, Ontshiametse Tlhopane, Palesa Lombard, Taahira Katz, Kirsten Khan en Kebalepile Ramafoko.
Nie net kry die nuwe Mej. Suid-Afrika ‘n splinternuwe kroon nie, sy ontvang ook pryse en borgskappe ter waarde van meer as R1 miljoen.
Baie geluk, Mia!
Deur Karlien Meiring
Lees ook: 10 redes waarom jy die Augustus-uitgawe van rooi rose móét lees!
Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…
Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…
Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…
Dink gou oor hierdie vraag: Moet jy mense sien om hulle te kan hoor? Dan…
Dit was die woorde waarmee glanssjef Bertus Basson die deelnemers aan vanjaar se naelbyt-seisoen…
Hierdie webwerf gebruik koekies.