Wors
1. Sit ’n groot rol boerewors in ’n knyprooster en braai oor matige kole tot gaar.
Slaai
2. Meng die afgesnyde pitte van 2 mielies, wat ook oor die kole gerooster is, 200 g babatamaties, middeldeur gesny, 1 baie fyn gekapte rooi ui, 1 avokado, in blokkies gesny, 6-8 klein komkommers (of 1 groot komkommer), in repe gesny, ’n hand vol koljanderblare en ’n hand vol kruisementblare en geur met sout en peper.
3. Sprinkel 45 ml (3 e) olyfolie en die uitgedrukte sap van 1 lemmetjie of suurlemoen oor die slaai.
Opdiening
4. Skep die slaai op die gaar worsrol en sit met groot lepels suurroom en ekstra lemmetjiewiggies voor.