1 rooi soetrissie, in repies gesny - pitjies en wit vliesies verwyder
30 ml olyfolie
200-250 g oorskiethoender, in repies gesny
15 ml fyn gekapte knoffel
5 ml fyn gekapte brandrissie
10 ml paprika
10 ml fyn gemaalde komyn
10 ml rooipeper
sout
¼ pers kool en ¼ groen kool, dun gesny
8 Mexikaanse tacos of tortillas
Salsa
1 avokado, geskil en in blokke gesny
uitgedrukte sap van 1 lemmetjie of ’n ½ suurlemoen
1 rooi ui, geskil en in klein blokkies gesny
1 gaar soetmielie, die pitte van die stronk afgesny
’n handjie vol vars koljanderblare, gekap
sout
Instructions
1 Braai die ui, rissie en knoffel oor matige hitte in die verhitte olyfolie tot sag en voeg die hoender, paprika, komyn en rooipeper by. Roer deur, geur met sout en braai vir 2-3 min. 2 Meng intussen al die bestanddele vir die salsa en geur met sout.
Bou die tacos: 3 Vul elkeen met ’n lagie van die kool, gevolg deur die hoender-en-soetrissie-mengsel. 4 Skep laastens ’n paar skeppies van die salsa bo-op en sit voor.