Serves:Genoeg vir 8Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
30 ml (2 e) olyfolie
3 uie, gekap
4 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
4 groen jalapeños, fyn gekap
2 rooi brandrissies, fyn gekap
45 ml (3 e) tamatiepasta
10 ml (2 t) kakaopoeier
2,5 ml (½ t) gemaalde kaneel
1,5 kg gemaalde beesvleis
2 x 410 g-blikkies heel geskilde tamaties
250 ml (1 k) bier, drink die res!
2 x 400 g-blikkies rooi nierboontjies, gedreineer
30 ml (2 e) sojasous
Bolaag
• 250 g nachos
• 125 ml (½ k) mozzarella, gerasper
• 125 ml (½ k) cheddar, gerasper
• 125 ml (½ k) suurroom, vir opdiening
• vars koljanderblare vir opdiening
Instructions
1. Verhit die olie oor hoë hitte in ’n groot oondvaste kastrol. Braai die uie, knoffelhuisies, jalapeños en brandrissies daarin tot sag.
2. Voeg die tamatie-pasta, kakao en kaneel by en kook vir 2 min. Roer deurentyd. Voeg die maalvleis bietjie vir bietjie by en breek met die agterkant van ’n vurk op.
3. Braai vir 10 min. of tot goudkleurig. Geur met sout en gemaalde swartpeper.
4. Voeg die tamaties, bier, bone en sojasous by. Laat prut vir 30 min. oor lae hitte of totdat die sous dikker word.
5. Verhit die oond tot 200 °C.
6. Sit die nachos op die maalvleis. Strooi die kaas oor. Bak vir 10-15 min. of tot die nachos goudkleurig en die kaas gesmelt is. 7 Sit met lepels vol suurroom en vars koljanderblare voor.