Mexikaanse eiers
Ingredients
- 30 ml (2 e) avokado-olie + ekstra
- 6 middelslagaartappels, in 2 cm blokke gesny
- 1 middelslagui, fyn gekap
- 10 ml (2 t) paprika
- 820 ml (2 blikkies) Mexikaans gegeurde tamaties
- 200 g babaspinasieblare
- sout en gemaalde swartpeper
- 4 eiers
- 125 ml (½ k) broodkrummels, gemaak van 4 snye volgraanbrood
- hand vol Italiaanse pietersielie
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Verhit 2e avokado-olie in ’n groot braaipan oor hoë hitte. Panbraai die aartappels vir sowat 10 min. tot goudbruin en gaar.
- Voeg die uie by en soteer tot sag. Roer die paprika deur en dan die tamaties. Bring tot kookpunt.
- Haal van die hitte af, meng die spinasie deur en geur na smaak. Verdeel die tamatiemengsel tussen vier 20 cm x 16 cm x 4 cm bakkies.
- Breek ’n eier versigtig in die middel van elke bakkie op die mengsel oop. Bak vir 12-20 min. afhangende van hoe gaar jy die eiers wil hê.
- Verhit die ekstra olie in ’n pan oor matige hitte. Braai die broodkrummels tot bros. Meng die pietersielie deur en geur na smaak.
- Strooi die broodkrummels oor die gebakte eiers en sit voor.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Lees nog: 5 van ons beste ontbytresepte
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }