Met hierdie velsorginnovasie van Environ kan jy enige puisie-uitslag, wat jou selfvertroue knak, vaarwel toeroep inligting en foto’s verskaf deur Environ. {Promosie}
Ná 18 jaar se navorsing, het Environ hul Clarity+- velsorgreeks bekendgestel. Hierdie drieledige benadering tot velsorg het slegs een doel voor oë: om almal, ongeag hulle ouderdom, die geleentheid op ’n helder en gesonde vel te gee.
Boonop is die velsorgroetine so maklik soos een-twee-drie!
1. Die reinigingsfase: Sebu-Wash Gel Cleanser en Sebu-Tone Clarifier
Terwyl die Sebu-Wash Gel Cleanser jou vel van vuilheid en oortollige olie reinig om jou vel verfris en skoon te laat, bevat Sebu-Tone Clarifier afskilferings- en sebum-regulerende bestanddele.
Danksy die afskilferingsbestanddele word opgestapelde, dooie velselle verwyder en die sebum-regulerende bestanddele help om die olierige voorkoms van jou vel te verminder.
2. Die beheerfase: Sebu-Lac Lotion, Sebu-ACE Oil en Sebu-Spot Blemish Gel
Terwyl die eerste deel van hierdie fase – die gebruik van die Sebu-Lac Lotion – help om die tekens van aknee-uitslag teen te werk, help dit ook om die veltekstuur te verbeter.
Sebu-ACE Oil is spesifiek geformuleer om jou vel van essensiële vitamiene voorsien. Dit bewys ook dat jy nie van alle olies moet wegbly indien jy met ’n puisie-uitslag sukkel nie.
Derdens word die Sebu-Spot Blemish Gel gebruik om die voorkoms van sigbare puisies en ’n puisie-uitslag te teiken en te verminder.
3. Die helderheidsfase: Sebu-Clear Masque
Hierdie roommasker met ’n verskeidenheid afskilferingsure help om die voorkoms van enige bestaande puisie-uitslag te verminder. Dit word elke tweede dag gebruik.
Die gebruik van die Sebu-Lac Lotion, Sebu-ACE Oil en Sebu-Clear Masque help om ’n skoner, helderder vel binne jou bereik te bring.
Die doeltreffendste en mees optimale behandeling vir ’n vel wat geneig is om ’n puisie-uitslag te kry, bestaan uit die Environ Clarity+-reeks, sowel as ’n kursus van Environ se Professional Cool Peel® -behandelings.
Vra jou velsorgkenner hoe om te #ConquerWithClarity sodat jy op ’n vel wat helder en gesond is, kan fokus.
#FocusOnFlawless.
Meer inligting oor Environ se Clarity+-reeks, by die Environ Skincare-webwerf of volg hulle op Facebook en Instagram.
Om ’n verskaffer te vind, klik hier
Clearly it’s Clarity+
Vir nog goeie velsorgraad, loer hier