Voorverhit die oond op sy laagste stelling. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
1 Klits die eierwitte met ’n elektriese klitser tot sagte punte vorm. Voeg die suiker bietjie vir bietjie by terwyl jy deurentyd klits. Klits tot die suiker opgelos en die mengsel dik en blink is.
Skep die eierwitmengsel in ’n spuitsak met ’n 1 cm- ronde tuit. Spuit verskillende grootte doppies (van 2 tot 5 cm in deursnee) vir die bokant van die sampioene. Maak jou vingerpunte nat en maak die doppies mooi glad. Spuit ewe veel torinkies - wat die stingel van die sampioen vorm - op die bakplaat. Maak seker jy het ’n stingel vir elke doppie.
Laat oornag of vir minstens ses uur in die oond uitdroog.
Kap die donker sjokolade fyn en smelt op die ontvriesstelling in die mikrogolf. Smeer die onderkant van elke meringuesirkel met dié sjokolade – gebruik ’n paletmessie of ’n mes met ’n ronde punt. Hou eenkant tot die sjokolade geset is.
Smelt intussen die wit sjokolade op dieselfde manier en smeer ’n dun lagie oor die donker sjokolade. Hou eenkant tot die wit sjokolade amper geset is. Trek met ’n tandestokkie fyn strepies van die middel na die buitekant van die doppies sodat dit soos die onderkant van ’n sampioen lyk.
Maak met ’n groentemessie ’n gaatjie in elke meringuedoppie. Doop die punt van die stingel in die res van die wit sjokolade en druk in die gaatjie. Sif ’n bietjie kakao versigtig oor en sit voor.