Serves:Genoeg vir 20Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Instructions
Voorverhit die oond op die laagstestelling. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
1 MERINGUE: Klits die eierwitte tot by stywepuntstadium. Voeg die suiker bietjie vir bietjie by en klits deurentyd tot die meringue dik en blink is. 2 Skep in ’n spuitsak met ’n 1 cm-tuit en spuit kleinsirkeltjies op die voorbereide bakplaat. Sit in die oond en laat vir 4-6 uur uitdroog. Haal uit. 3 GANACHE: Smelt die sjokolade, room en likeur saam in ’n klein kastrol. Laat effens afkoel. 4 Smeer die ganache aan die onderkant van een van die meringues en plak nog een daaraan vas. Sit voor met espresso.