Voorverhit die oond op die laagstestelling. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. 1 MERINGUE: Klits die eierwitte tot by stywepuntstadium. Voeg die suiker bietjie vir bietjie by en klits deurentyd tot die meringue dik en blink is.Meringue-soentjies
Instructions
2 Skep in ’n spuitsak met ’n 1 cm-tuit en spuit kleinsirkeltjies op die voorbereide bakplaat. Sit in die oond en laat vir 4-6 uur uitdroog. Haal uit.
3 GANACHE: Smelt die sjokolade, room en likeur saam in ’n klein kastrol. Laat effens afkoel.
4 Smeer die ganache aan die onderkant van een van die meringues en plak nog een daaraan vas. Sit voor met espresso.