Serves:Genoeg vir 8-10Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Meringue kan op vele maniere gegeur en getooi word.
1 hoeveelheid meringuemengsel
60 ml (¼ k) fyn klapper, liggies gerooster
60 ml (¼ k) pistasieneute, gekap
60 ml (¼ k) amandelvlokkies, liggies gerooster
100 g witsjokolade, op die ontvriesstelling in die mikrogolfoond gesmelt
Basiese meringue resep
Genoeg vir een middelslag-pawlowa.
(Ek verdubbel gewoonlik die resep om ’n lekker groot pawlowa vir 8-10 mense te maak.)
200 g suiker
4 eierwitte
knypie sout
knypie kremetart
Instructions
1 Voorverhit die oond tot 110 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. 2 Klits die sout, kremetart en eierwitte met ’n elektriese klitser of in ’n staanmenger tot stywepuntstadium. 3 Gooi 45 ml (3 e) van die suiker by en klop vir sowat 1-2 min. tot die eierwitte glansend wit is en weer punte maak. 4 Gooi die res van die suiker stadig by en klits deurentyd tot die suiker goed ingemeng is. Die eierwit moet dik en glansend wees en stywe punte maak. 5 Skep groot lepels vol van die meringue op mekaar in die middel van die bakplaat. Vorm met die agterkant van ’n lepel ’n groot gepofte sirkel wat effens induik in die middel. 6 Bak vir 1-1½ uur tot die meringue krakerig en gaar is, maar nie verkleur nie. 7 Indien dit nog sag is as jy liggies met jou vingerpunte daaraan raak, kan jy die temperatuur na 60 °C afdraai en vir nog ’n halfuur bak. 8 Skakel die oond af en droog verder in die warm oond uit tot droog en krakerig. 9 Laat heeltemal afkoel op ’n afkoelrak. 10 Bêre die meringues in ’n lugdigte houer. Strooi eers ’n dun lagie suiker onderin die houer en voer met bakpapier uit dit keer dat die meringues taai word.
Meringue-sirkels
1 Voorverhit die oond tot 110 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit. 2 Maak 1 hoeveelheid van die meringuemengsel en voeg kleursel van jou keuse by. 3 Skep 45 ml (3 e) skeppies op die bakplaat. Smeer die meringue met die agterkant van ’n lepel in ’n plat sirkel. 4 Strooi van die klapper of van die neute oor die sirkels. 5 Bak vir sowat 1 uur tot droog en hard. 6 Gooi die witsjokolade oor die meringuesirkels en laat set. 7 Sit met geklopte room en vars vrugte voor.