1 Voorverhit die oond tot 150 °C. 2 Voer 2 groot bakplate met bakpapier uit. Trek 4 x 20 cm-sirkels, 2 op elke vel, op die bakpapier. 3 Klits die eierwitte tot stywe punte vorm. 4 Voeg die strooisuiker ’n eetlepel op slag by - klits aanhoudend tot al die suiker ingegooi is. Klits die mielieblom versigtig by. 5 Verdeel die meringue-mengsel tussen die vier sirkels op die bakpapier en skraap gelyk met ’n paletmes. Bak vir 1½ - 2 uur of tot lig en krakerig.
Tiramisuvulsel 5 Meng die espresso en water in ’n groot mengbak tot dit opgelos is. 6 Gooi die room, mascarpone, versiersuiker en vanieljegeursel in ’n mengbak en voeg die aangemaakte espresso by. 7 Klits die mengsel met ’n elektriese klitser tot lig en donsig. 8 Stapel die meringuesirkels opmekaar met lae van die tiramisu tussenin. Eindig met tiramisu.