Meringue-koek met romerige tiramisu-vulsel
Ingredients
- genoeg vir 8
- Meringue
- • 8 eierwitte
- • 500 g strooisuiker
- • 30 ml (2 e) mielieblom
- Tiramisu-vulsel
- • 30 ml (2 e) gemaalde espresso-poeier
- • 15 ml (1 e) water
- • 250 ml (1 k) room
- • 500 ml (2 k) mascarpone
- • 45 ml (3 e) versiersuiker
- • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
Instructions
1 Voorverhit die oond tot 150 °C.
2 Voer 2 groot bakplate met bakpapier uit. Trek 4 x 20 cm-sirkels, 2 op elke vel, op die bakpapier.
3 Klits die eierwitte tot stywe punte vorm.
4 Voeg die strooisuiker ’n eetlepel op slag by - klits aanhoudend tot al die suiker ingegooi is. Klits die mielieblom versigtig by.
5 Verdeel die meringue-mengsel tussen die vier sirkels op die bakpapier en skraap gelyk met ’n paletmes. Bak vir 1½ - 2 uur of tot lig en krakerig.
Tiramisuvulsel
5 Meng die espresso en water in ’n groot mengbak tot dit opgelos is.
6 Gooi die room, mascarpone, versiersuiker en vanieljegeursel in ’n mengbak en voeg die aangemaakte espresso by.
7 Klits die mengsel met ’n elektriese klitser tot lig en donsig.
8 Stapel die meringuesirkels opmekaar met lae van die tiramisu tussenin. Eindig met tiramisu.