kategorieë: TrendsMode

Mercedes Benz Modeweek Johannesburg ’17

Plaaslike ontwerpers kon weer eens met hierdie geleentheid hul jongste lente- en somerreekse bekendstel om op internasionale vlak erken te word. Nodeloos om te sê is gehore met meesterstuk-ontwerpe betower wat die Afrika-trots binne ’n mens laat borrel. Hierdie modeweek se hutswoord, #RootedInStyle, toon eerbied aan die tradisie en kenmerke van Afrika se ryk geskiedenis, asook die verskeie insigte en begrippe wat met hierdie tema gepaard gaan. Hoewel elke ontwerper se reeks eie in sy soort was, was daar ’n paar kenmerkende tendense wat in die vertonings opgemerk is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Deurskynend

Gaas en net-materiale was die gewildste onder ontwerpers. Nie net is dit ’n praktiese materiaal vir lente en somerweer nie, maar dit gee ook ’n sagte en vroulike afronding aan enige uitrusting. Hierdie materiaal is dikwels met borduurwerk en ander tegnieke versier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dra die versierde style self bo-oor kort gesnyde toppies of t-hemde vir die modieuse laag-op-laag voorkoms sonder om te warm te kry.

Blom- en tropiese patrone

Wat is lente sonder ’n oorvloed van blompatrone? Hierdie jaar pronk retro-blompatrone van kop-tot-tone. Dink aan die 60’s en 70’s as inspirasie. Plant- en blaarmotiewe gaan ook gepaard met vanjaar se lente en somer waarvan aalwyn en kaktusse gunstelinge is. Met hierdie modeweek was die deursigtige rok met blomborduurwerk beslis ’n gunsteling.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Oopskouer-toppies

Oopskouer-toppies het reeds vorige jare ’n terugkeer op die modeplanke gemaak, hoewel jou skouers vanjaar nóg meer beklemtoon kan word. Hou dit sag en vroulik met valle en kantafwerkings of wees dramaties met skerphoekige lyne. Oop skouers lyk op hul beste as jy jou hare opbind en skouerlengte oorbelle dra – ’n verslankende nek pas by almal.

Ons hou van: Alle vroue!

Die ontwerpers van Ruff Tung het met hierdie vertoning weer die geleentheid gebruik om erkenning te gee aan vroue met ’n voller figuur. Modelle het met ontwerpe gepronk wat hul kurwes stylvol omvou.

Tydens die modeweek was daar ook ’n reeks wat erkenning gegee het aan vroue, spesifiek vir Augustus – Vrouemaand. Manlike en vroulike modelle het met wit T-hemde waarop staan “We should all be Feminists” gepronk as deel van die voorkoms.

Alle foto’s is afkomstig van die geregistreerde AFI-webtuiste. Besoek die webblad hier

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Wilhelm van der Walt oor sy rol in Skemergrond: ‘Ek is baie ambisieus en gedrewe soos hy’

Wilhelm van der Walt, wat die rol van Dirk Maritz in Skemergrond vertolk, het omtrent amok kom…

13 hours Gelede

Die verleidelikste sjokolade-en-amandel-vlegsel

Genoeg vir 1 vlegsel   Bestanddele   25 g vars gis of 10 g kitsgis…

14 hours Gelede

‘Op skou’: Dié nuwe werklikheidsreeks gaan jou by tye verwonderd, verstom en verbaas laat

kykNET het die vermoë om telkemale met ’n unieke dokumentêre realiteits-TV-reeks vorendag te kom wat…

15 hours Gelede

Kry jou vel gereed vir herfs

Wanneer dit kouer word, verander ons vel se behoeftes, veral ten opsigte van die vog…

17 hours Gelede

Allerlekkerste ‘sout’ Paasbolletjies

As jy eers hierdie Paasbolletjies geproe het, sal jy nooit weer gewone bolletjies koop nie.…

3 days Gelede

JY KAN konfyt kook

Ons wys jou hoe om in 3 maklike stappe rabarber, een van die lekkertes van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.