Die hakke was hoog en die oë was blink toe die klere op die loopplank verskyn. Hou julle oë oop vir oranje, middernagblou en goud – dit was baie gewild by modeweek. Ander gewilde tendense was kopstukke, kant-versierings en die peplum-snit. Tensy jou smaak bietjie aan die wilde kant is, volg dan Suzaan Heyns se voorbeeld en dra kurk! Ons het ons gunstelinge bymekaar gemaak om vir julle ‘n voorsmaakie te gee van wat herfs/winter 2013 inhou.