kategorieë: VerhoudingsJou lewe

Menopouse en vaginale droogheid

Verwerk deur Anet Schoeman. Foto: Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Menopouse is voorwaar ’n uitdaging. Hartkloppings, nagsweet, warmgloede, slapelose nagte … Asof dit nie genoeg is nie, volg vaginale droogheid kort op hierdie pretbederwers se hakke om jou sekslewe ook in die wiele te ry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hormoonterapie kan die meeste van die simptome verminder en beheer, maar nie almal is geskik vir hormoonbehandelings nie en boonop kom dit met sy eie stel newe-effekte.

Die eerste Suid-Afrikaanse studie oor hoe menopouse vroue se seksualiteit beïnvloed toon dat ’n groot groep vroue in hul menopouse seks vermy weens vaginale ongerief. ’n Vermindering in die vroulike hormone veroorsaak ’n afname in vaginale smeermiddels sowel as vaginale atrofie wat seks ongemaklik en pynlik kan maak en die kanse op ’n orgasme verydel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Resultate uit die studie toon dat die meeste vroue gemaklik is om hierdie probleme met hul metgeselle te bespreek, maar daar is steeds nie genoeg vroue wat dit met hul huisdokter of ginekoloog bespreek nie.

Die onlangse ondersoek, CLOSER (Clarifying vaginal atrophy’s impact on sex and relationships), toon dat 50% van post-menopousale vroue deur vaginale droogheid geaffekteer word en dat dit uiters belangrik is dat dokters hierdie toestand met hul vroulike pasiënte bespreek.

Vroeë ingryping kan groot voordele vir intimiteit in die verhouding hê. As vroue seks pynlik vind en sukkel om bevredig te voel, begin hul dit vermy. Dit het verdere emosionele implikasies. Vroue in die ondersoek het gesê dat vaginale ongerief ’n negatiewe impak op hul gevoelens en selfbeeld gehad het. Die helfte van die vroue het gevoel dat hulle hul jeug verloor het en was ontsteld dat hul liggame hulle in die steek laat. ’n Derde het gesê dat hul nie meer seksueel aantreklik voel nie en ’n kwart het minder vroulik gevoel as voorheen.

Die goeie nuus is dat daar wel produkte beskikbaar is wat hierdie probleme suksesvol kan aanspreek.

Die 21% vroue wat wel vaginale terapie gebruik het, het ’n positiewe impak gerapporteer en het optimisties gevoel oor die toekoms van intimiteit.

Dr Trudy Smith, ’n ginekoloog, onkoloog en verloskundige van Johannesburg,  sê dat lokale estrogeenterapie bo sistemiese hormoonterapie (pille of plakkers waar die hormone deur jou bloedstroom opgeneem word) verkies word as die simptome van menopouse tot die vagina beperk is. Lokale estrogeenterapie word direk in die vagina gebruik in die vorm van vaginale tablette, -room of -ring.

“Slegs klein dosisse estrogeen is nodig om vaginale simptome van die menopouse te behandel en die vaginale reaksie op die terapie mag langdurig wees as jy dit volgens voorskrifte gebruik,” sê Dr Smith.

Dr. Smith raai vroue wat borskanker gehad het aan om dit met hul ginekoloog en onkoloog te bespreek, wat dit dalk onder toesig en met aangepaste voorskrifte mag goedkeur.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

1 day Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

1 day Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

1 day Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.