Verskillende mengers en versappers
- Menger: ’n Menger prosesseer die hele vrug of groente en is ideaal vir veselryke gladdejantjies (smoothies).
- Sentrifugale versapper: Prosesseer die vrugte en groente soos ’n vinnige spoed-rasper. Die sirkel-beweging forseer die sap wat ligter is deur ’n kanaal aan die buitekant van die versapper.
- Stadige versapper: Kou die vrugte en groente stadiger, dit druk ook die sap en voedingstowwe uit. Die sap loop uit in een kompartement en met die roterende rasper stoot dit dan die reste uit na ’n ander kompartement.
Verskil tussen mengers en versappers
- Versappers haal die vesel-inhoud van vrugte en groente in die vorm van pulp uit, maar mengers los die vesel in.
- Mengers kan gebruik word vir vrugte en groente met ’n lae waterinhoud.
- Smoothie- en kosmengers kan gebruik word vir salsas, doopsouse en sop, terwyl sappers hoofsaaklik vir sap gebruik word.
Versappers en sap-voordele
- Jou liggaam absorbeer meer voedingstowwe direk en vinniger deur vrugte- en groentesap.
- As jy jou liggaam regtig wil skoonmaak, is vars en gesonde sappe die antwoord. Sap genees van binne.
- Baie mense vind dat vars sap vir hulle meer energie gee.
- Vars groente- en vrugtesap is laag in kalorieë
Voordele van gladdejantjies
- Gladdejantjies kan as ’n maaltydvervanger gebruik word en is baie vullend.
- Jy kan proteïenbronne in smoothies voeg, soos whey poeier, melk, sojamelk en selfs tofu.
- Soet smoothies wat van vrugte gemaak word, is makliker om bekend te stel aan jong kinders.
- Smoothies kan tot 36 uur in die yskas gehou word, terwyl vars sappe se kwaliteit begin versleg sodra dit gemaak word.
Kry ook ons lekker resep vir ’n beet-smoothie hier
Verbruikersgids
Yuppychef | yuppiechef.com
Makro | 0860 300 999