Bestanddele
- 2 pakkies tennisbeskuitjies, grof gekrummel
- 500 g (2 houers) mascarponekaas
- 500 ml (2 houers) room
- 125 ml (½ k) strooisuiker
- 1 vanieljepeul, gehalveer deur die lengte (opsioneel)
- 250 ml (1 k) aarbei coulis (sous) of 250 ml
- (1 k) vars aarbeie, gesny en sag gekook in 125 ml (½ k) appel-of aarbeisap en dan fyngemaak in ’n voedselverwerker of met ’n vurk
- 500 g vars aarbeie, gehalveer
- 250 g verskeidenheid vars bessies of nog aarbeie
Metode
- Pak die helfte van die beskuitjies onder in ’n 2 L-glasbak.
- Klop die mascarpone, room en strooisuiker saam tot glad en dik met ’n elektriese klitser. Krap die vanieljesaadjies
van die peul af en meng deur die mascarponemengsel. Skep een lagie oor die beskuitjies maar nie alles nie. - Skep ’n lagie van die aarbei coulis oor gevolg deur ’n laag vars aarbeie.
- Herhaal die lae. Skep die laaste van die mascarponemengsel bo-op en tooi met bessies.