Mengeldrankie met ’n sjokoladesterretjie
Ingredients
- Vrolik mengeldrankies met dié oulike sjokoladesterretjies op.
- 1 Smelt 200 g witsjokolade in ’n bakkie wat oor ’n kastrol met kokende water geplaas is. Roer deurentyd en moenie dat die sjokolade brand of met stoom in aanraking kom nie.
- 2 Gooi die gesmelte sjokolade oor ’n vel bakpapier en versprei eweredig met ’n paletmes. Maak die lagie so 3 mm dik, want as dit te dun is, sal jy sukkel om die sterre op te lig.
- 3 Druk die sterre uit met ’n stervormige koekiedrukker wat met kleefwerende kossproei bespuit is.
- 4 Strooi silwer balletjies oor elke sterretjie.
- 5 Wag tot die sjokolade amper geset is en lig met ’n paletmes op. As die sjokolade te hard word, sal dit kraak.
- 6 Sit die sterretjies in ’n deursigtige drankie soos ’n vodkamartini. Omdat die sjokolade sag word in die vloeistof, moet jy die sterre kort voor die drinkslag eers in die drankie sit.
Rooi Rose
Lees Meer
Sjokoladefudge
05/12/2024
Sjokolade-yskastert
11/10/2024
Heuningkraaklekkers met sjokolade
10/10/2024