Lae GI steak-wraps
Serves: Genoeg vir 4-6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 500 g kruisskryf (rump steak)
- sout en gemaalde swartpeper
- 1 x 400 g-blik Mexikaans gegeurde tamatie
- 1 x 400 g-blik cannelini-bone, gedreineer
- 1 avokado, in blokkies gesny
- 1 rooi ui, in blokkies gesny
- 2 vars tamaties, in blokkies gesny
- 250 ml (1 k) mieliepitte, gaar
- hand vol koljanderblare, gekap
- hand vol gemengde kruieblare
- 6 volgraan-wraps
Instructions
- Verhit die olie in ’n braaipan en braai die steak daarin tot goudbruin en gaar. Geur met sout en peper. Laat rus vir 10 min. en sny in dun repies.
- Kook die geblikte tamaties vir 10 min. in ’n kastrol. Voeg die bone by en hou eenkant.
- Meng die avokado, ui en vars tamaties en geur met sout en peper.
- Verhit die wraps volgens die aanwysings op die verpakking en pak alles saam uit op ’n groot skinkbord. Laat elkeen sy eie wrap vul.
Rooi Rose
Lees Meer
Vinnige salmpasta
18/12/2024