Deur Elandrè Swart. Hooffoto: Skinny LaMinx
Strooikussings is een van die maklikste en vinnigste maniere om enige vertrek reg te ruk. Deur net ’n paar strooikussings by te voeg kan jy jou persoonlike styl ten toon stel met ’n groot verskeidenheid patrone, teksture en kleure.
ʼn Strooikussing vir elke styl
Modern
’n Moderne styl is eenvoudig: Bly by kleure soos swart, wit en donkergrys en kies strooikussings met eenvoudige lyne en geometriese vorms.
- “Sixth Floor” Klassieke streep-kussingsloop(R99) Superbalist
- Switserse kruis-kussingsloop (R400) MonoShop
- “Grey gardens” – Driehoekpatroon-kussingsloop (R299)Superbalist
- Leeukop-buitelyne kussingsloop (R385) Hello Pretty
- Kussing met driehoekpyl-patroon (R400) MonoShop
Boheems
Daar is geen reëls as dit kom by die boheemse styl nie. Onthou dat jy inspirasie van regoor die wêreld trek met ’n boheemse styl. Kombineer ’n verskeidenheid van teksture soos tossels en abstrakte patrone om ’n boheemse gevoel te skep. Neutrale kleure sal jou basis wees met warm aksentkleure soos rooi, oranje, olyfgroen en blou.
- Linne-kussingsloop met metaalringe en tossels (R659) Zara
- Alpaca-druk strooikussing (R250) Hello Pretty
- Wit valspelsstrooikussing (R199.99) Mr Price Home
- Olifant-kussingsloop in “retro“- blou (R280) Hello Pretty
- “Sixth floor cheyenne”- kussingsloop (R299) Superbalist
Prettig en Bont
Volg jou instink en kies ’n kleur wat vir jou werk. Eksperimenteer met verskillende vorms en patrone om ’n prettige stemming te skep.
- “Breeze” – kussing met goue afronding (vanaf R505) Skinny laMinx
- “Sixth Floor“-diamantkussingsloop (R99) Superbalist
- “Pop” – oranje en wit strooikussings (R335) House of Sofia
- “Peddle“- strooikussing (vanaf R485) Skinny laMinx
- Pienk sigsagpatroonkussingsloop (R385) Hello Pretty
Almal hou daarvan om ’n bietjie kleur tot ’n vertrek te bring, maar dalk is jy onseker hoe om jou gunsteling-kleure saam te laat werk. Skinny LaMinx het onlangs hul “colour pop“-strooikussingreeks bekendgestel met 12 verskillende soliede kleur-kussings in verskillende vorms en groottes sodat patrone maklik gemeng en gepas kan word.
Skinny laMinx het ook vir ons oulike wenke verskaf oor hoe om ons strooikussings te meng en te pas
Wenk 1 – Vind die “held”
Wie is die hoof van jou bank? Identifiseer die “held” (of hoof) -patroon of kleur om die rigting te gee vir die volgende besluite wat jy moet neem rakende kleure en palet.
Wenk 2 – Bly by ’n styl
Moenie te veel patroon-, styl- en paletkeuses maak nie. Kies een hoofpatroon, breek dit met een of twee ander, meer eenvoudige patroon/patrone, en kies dan een aksentkleur om als bymekaar te laat pas.
Wenk 3 – Balans
Horisontale en vertikale lyne bring stabiliteit. Moet nie te veel rigtings inkorporeer nie, want dit kan baie vinnig deurmekaar lyk.
Wenk 4 – Onewe nommers
Gebruik ’n ongelyke hoeveelheid strooikussings om ’n indruk van simmetrie te skep.
Wenk 5 – Grootte maak saak
Gebruik ’n mengsel van verskillende grootte strooikussings om die voorkoms van diepte te verleen aan jou bank.
Wenk 6 – Breek die reëls
Vertrou in jou smaak en eksperimenteer met verskillende palette en patrone waarvan jy hou – dis immers jou leefarea.
Verskaffers
MonoShop | monoshop.com
Superbalist | superbalist.com
Hello Pretty | hellopretty.co.za
Mr price Home |mrphome.com
Zara Home |zarahome.com/za
Skinny LaMinx |skinnylaminx.com
House of Sofia |houseofsofia.co.za
Threads that bind us| threadsthatbindus.co.za of rooirosewinkel.co.za