kategorieë: Blogs

Meneer Vyfoog

Ek het al weer ‘n broeiery op my werf. Dié keer is dit nie ‘n muskietteelstasie nie, maar ‘n bidsprinkaannessie in ‘n potplant op ‘n buitetafel. Die miniskule hotnotsgotjies (is dit dalk ‘n polities inkorrekte term?) land soms op die glasblad as ek die plantjie natmaak. Hulle freak my uit omdat hulle so broos is. Een het op ‘n dag daarin geslaag om halflyf aan die tafel vas te plak, met noodlottige gevolge. Ek het vuriglik gehoop ek het nie onwetend tot die tragedie bygedra nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Teenoor volwasse bidsprinkane voel ek nie noodwendig so beskermend nie. Soos dit al eeue lank met mense die geval is, is dit in die insekteryk skynbaar ook die vromes vir wie jy versigtig moet wees. Moet jou nie deur die hotnotsgot se biddende handjies laat flous nie: hulle kan mense byt dat die bloed loop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Met daardie sterk kake vreet hulle enigiets wat hulle in hulle handjies kan kry, en as die oes skraal is, is hul broers en susters die dis van die dag. Die wyfies het min respek vir mannetjies wat by hulle aanlê. Hulle verorber die Romeo net ná of partykeer sommer tydens paring. Ek weet nie vir wie ek my die meeste moet skaam nie, vir die koelbloedige wyfies of die mannetjies wat selfs met twee saamgestelde én drie enkel-oë versuim om te sien hoe die wind waai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

En tog – hoe vol bravade ek ookal mag klink, het ‘n bidsprinkaan wat roerloos op ‘n plant of teen die muur sit ‘n vreemde uitwerking op my. Daardie driehoekige kop wat so stip staar en daardie handjies rustig teenmekaar is soos ‘n sonderlinge boodskap wat ek sukkel om te ontsyfer.

Volgens sekere Afrika-legendes gaan kruip ‘n bidsprinkaan wat in die moeilikheid is iewers weg. Dan raak hy aan die slaap en droom die oplossing vir sy probleem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dalk moet ek hierdie tegniek probeer. Ek kort hoeka ‘n oplossing vir ‘n etiese kwessie. Die vrugbare bidsprinkaannessie op my patio is waarskynlik die gevolg van seksuele kannibalisme. En as al daardie hotnotsgotjies grootword, gaan dié scenario hom net daar herhaal.

Miskien is dit my kans om te leer dat dit net ons mense is wat spiritualiteit, seks en wie vir wie eet veroordeel, wil voorskryf of probeer beheer. Moeder Natuur het vrede.

Dis tien teen een hoekom Meneer Vyfoog so sereen daar kan sit. Hy lag stilletjies agter sy handjies, want hy wéét.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

13 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

13 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

14 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

14 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

16 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

17 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.